Duitse ambassade ondersteun kinders met outisme
Duitse ambassade ondersteun kinders met outisme

Duitse ambassade ondersteun kinders met outisme

Die Duitse ambassade in Windhoek ondersteun ‘n bewusmakingsveldtog van die Stepping Stones skool op Swakopmund vir outisme.

Die ambassade het N$120 000 ten bate van die veldtog geskenk.

As deel van die veldtog is inligtingspamflette vertaal en in drie van Namibië se landstale gedruk.

Die pamflette sal versprei word om groter aanvaarding vir kinders met outisme by die publiek te kweek.

Gesinne met kinders met ontwikkelingsafwykings word sodoende ingelig oor ondersteuningsmoontlikhede en waar om hulp te kry.

Terapeutiese onderrigmateriaal en opvoedkundige speelgoed is ook aan die skool oorhandig.

Die spesiale onderrigmateriaal is ontwerp om kinders met spesiale behoeftes te ondersteun en om hul ontwikkeling te stimuleer.

Duitsland se ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, het die skool besoek om hom van die skool se belangrike rol in kinders se lewens te vergewis.

Die skool is in 2015 gestig en kinders met outisme en verwante spesiale behoeftes en ook downsindroom ontvang hier voldoende versorging deur opgeleide personeel.

Die klasse is in klein groepies verdeel, wat tot die leerlinge se voordeel strek.

Volgens die skoolhoof, me. Almarie Mostert, wat 12 jaar lank reeds dié spesiale pos beklee, word ‘n ontspanne atmosfeer geskep wat bevorderlik vir die spesiale versorging van die kinders is.

Intussen het Schlaga ook ’n finansieringsooreenkoms met die voorsitter van die Arbeits- und Fördergemeinschaft der Deutschen Schulvereine in Namibia (AGDS), mnr. Hans-Joachim Böhme, onderteken.

Die ooreenkoms is vir beurse aan Namibiese studente wat ’n graad in primêre of sekondêre onderwys wil bekom.

Danksy N$116 100 van die Duitse ambassade sal drie studente vanjaar beurse ontvang.

Die AGDS is ’n sambreelorganisasie vir sewe skoolverenigings wat 11 skole verteenwoordig wat Duits as eerste taal aanbied.

Tans het 17 studente beurse om aan die Universiteit van Namibië (Unam) of ’n Suid-Afrikaanse universiteit te studeer.

Met die voltooiing van hul studies moet die studente vir ’n paar jaar by een van die AGDS-skole werk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!