Duitse ambassade bespaar 85% water
Duitse ambassade bespaar 85% water

Duitse ambassade bespaar 85% water

Uitstekende resultate is behaal deur slegs op te hou om tuin nat te maak en personeel te oortuig om water te bespaar.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Duitse ambassade in Windhoek het sy waterverbruik sedert 2015 met bykans 85% verminder.

Tans word op die groot eiendom, met sy uitgebreide tuine, slegs sowat 87,4 m³ water per maand gebruik, vergeleke met die 580 m³ voorheen.

Me. Gundula Perry, die ambassade se woordvoerder, sê sedert 15 November verlede jaar is verskeie waterbesparende maatreëls toegepas, wat ingesluit het dat hulle drie groot 10 000 liter-watertenks aangebring het wat reënwater vanaf geute opvang.

Die tenks is nou bykans vol en die water word gebruik om die tuin nat te maak.

Toe reeds het hulle ook opgehou om hul grasperke nat te maak, wat daartoe gelei het dat al die gras gevrek het. Hulle het toe ook begin om baie groot bome slegs elke twee weke nat te maak, waarna twee groot bome ook gevrek het.

“Ons het ook die natmaak van ander bosse tot een maal ’n week beperk en indien ons enige iets natgemaak het, doen ons dit vroegdag om verdamping teen te werk,” het sy gesê. “Verder het ons houtskaafsels in beddings en rondom bome en bosse gestrooi om die verdamping van water te minimaliseer en die plante se wortels ’n groter geleentheid te gee om vog op te neem,” het sy gesê.

Perry het ook gesê die swembad word toegehou en plakkers wat mense daaraan herinner om water te bespaar, is bo die meeste krane aangebring.

Die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Matthias Schlaga, het aan Republikein gesê om na die omgewing om te sien asook om iets so kosbaar soos water te bespaar, veral tydens droogtes, word by bykans elke personeellid ingeburger.

“Daarom is dit nie net voor die hand liggend dat ons gehoor sou gee aan die vereiste waterbesparings nie, maar ook meer doen as wat nodig is,” het hy gesê.

Volgens Schlaga sluit dit in dat hulle voortdurend na waterlekkasies soek, omdat hul perseel oud is. Enige lekkasies wat opgespoor is, is onmiddellik herstel. Waterverbruik word ook weekliks of maandeliks gemonitor.

“Ons hoop dat alle diplomate hul verantwoordelikheid tydens hierdie kritieke tyd sal nakom en dat die munisipaliteit alle diplomatiese eiendomme voortdurend sal dophou,” het Schlaga gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!