Duister SA bekommer NamPower nie
Duister SA bekommer NamPower nie

Duister SA bekommer NamPower nie

Die buurland verskaf byna die helfte van Namibië se elektrisiteit.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie.

“Namibië is nie net van Eskom afhanklik vir krag nie,” het NamPower verklaar.

Volgens mnr. Kahenge Haulofu, NamPower se besturende direkteur, is Namibië ’n aktiewe handelaar in die Suider-Afrikaanse kragpoel (SAPP), en afgesien van sy kragkoopooreenkoms (PPA) met Eskom het NamPower soortgelyke ooreenkomste met Zimbabwe se kragkorporasie (ZPC) en die Zambië-elektrisiteitskorporasie (Zesco).

Eksom het verlede week beurtkrag landswyd in Suid-Afrika toegepas, hoewel geen onderbrekings vir vandeesweek verwag word nie.

Die buurland se president, mnr. Cyril Ramaphosa, het onlangs aangekondig die staatsonderneming sal in drie verdeel word om sy geldkrisis te probeer hokslaan.

Besonderhede oor dié stappe is nog onbekend, maar die Suid-Afrikaanse minister van energie, mnr. Jeff Radebe, sal na verwagting meer hieroor by volgende week se 11de Afrika- energie-indaba bekend maak.

Haulofu het wel erken Eskom voorsien tans in sowat die helfte van Namibië se kraginvoerbehoefte.

Spesifiek tussen Julie 2017 en Junie 2018 was sowat 48% van Namibië se elektrisiteitinvoere van Eskom afkomstig.

Hy het gesê NamPower voer sowat 200 MW per jaar van Eskom af in, soos uiteengesit in die PPA, wat vir vyf jaar tot Maart 2022 geld.

Omdat dié ooreenkoms vertroulik is, kon NamPower nie sê hoeveel dié invoere Namibië kos nie, het hy gesê.

Haulofu het wel gesê NamPower word op hoogte gehou van onderbrekings of die kansellering van Eskom se kraguitvoere.

“Die vloei van kommunikasie is uitdruklik in die PPA tussen NamPower en Eskom uiteengesit,” het hy gesê.

Omdat NamPower deur middel van die SAPP ander bronne van krag het, glo Haulofu Eskom se kragonderbrekings sal nie na Namibië oorspoel nie.

Hy sê die Ruacana-hidrokragaanleg in die Noorde en die Anixas-dieselkragaanleg is albei tans optimaal in werking om moontlike kragonderbrekings te voorkom.

“Bykomend geniet Namibië meer plaaslike opwekking van krag danksy nasionale REFIT-projekte en ander onafhanklike kragopwekkingsprojekte wat voltooi is en elektrisiteit aan die nasionale netwerk verskaf. Tot dusver dra hernubare krag sowat 155 MW tot die stelsel by,” het hy gesê.

Haulofu het gesê teen die einde van 2019 sal Namibië na verwagting steeds dieselfde kragbronne as nou hê, met ’n bykomende 15 MW sonkrag van ’n onafhanklike kragverskaffer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!