Duisende vlug voor vlamme in Nieu-Seeland
’n Verwoestende bosbrand op Nieu-Seeland se Suid-Eiland sal na verwagting Sondag vererger weens ’n stormsterk wind wat die vlamme aanblaas.
Duisende inwoners moes reeds hul huis ontruim en nog talle sal na verwagting Sondag vlug, volgens amptenare.
Die Pigeon Valley-vuur het reeds ’n gebied van meer as 2 300 ha verwoes, sê die Nieu-Seelandse agentskap vir burgerlike beskerming in ’n verklaring.
Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie en slegs een huis is vernietig.
“Ons is bekommerd oor die sterk wind wat vir Sondagmiddag voorspel word,” sê die agentskap.
Meer as 150 brandbestryders het Sondag met behulp van 23 helikopters en nóg drie vliegtuie die vuur probeer blus.
Tot 3 000 mense is gedwing om die gebied te verlaat, het Roger Ball, kontroleur van die agentskap, Saterdag op ’n nuuskonferensie gesê.
Nog mense sal waarskynlik Sondag moet vlug, het hy bygevoeg.
Ellie van Baaren, kommunikasiebestuurder van die Rooi Kruis, sê die inwoners wat na veiligheid gebring is, is moeg en gefrustreerd.
“As jy jou huis en in sommige gevalle jou vee en troeteldiere moes verlaat en nou nie weet wat van hulle word nie, dan is dit ’n onsekere situasie vir almal,” het sy aan Reuters gesê.
Baie mense gaan tans by vriende en familie buite die gevaarsone tuis.
Die gebied wat deur die enorme brand bedreig word, huisves baie bosbouplantasies, maar daar is ook heelwat klein plase. Sommige boere se vee is reeds na veiligheid geskuif.
Die brand het Maandag begin en teen Dinsdag vinnig versprei. ’n Noodtoestand is Woensdag aangekondig.
Honderde vrywilligers en professionele brandweerpersoneel, die polisie en militêre personeel beveg steeds die brand. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie