Duisende registreer vir e-taks
Duisende registreer vir e-taks

Duisende registreer vir e-taks

Namibiese belastingbetalers het glo goed op die nuwe Itas-stelsel gereageer.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.

Mnr. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder van die ministerie van finansies, sê sedert die e-stelsel op 17 Januarie vanjaar aan die land se sowat 700 000 belastingbelaters beskikbaar gestel is, is 106 778 belastingopgawes hierop ingedien.

Dít deur mense wat self besoek aan die belastingkantore afgelê het.

Terselfdertyd het 85 447 belastingbetalers hul opgawes aanlyn ingedien.

Volgens Shidhudhu het meer as 90 000 individue op Itas geregistreer om belastingopgawes in te dien.

In sommige gevalle kan boekhouers ook hierop registreer om verskeie kliënte te verteenwoordig en opgawes namens hulle in te dien.

“Ons het die 14 politieke streke in ses ingedeel. Tot dusver het die meeste belastingbetalers by die Windhoek-streekkantoor geregistreer en het die minste mense op Rundu geregistreer,” het Shidhudhu gesê.

“Ons kry steeds belastingbetalers wat hulp met die Itas-registrasie nodig het. Ons mikpunt is om elke belastingbetaler betyds geregistreer te hê en ons kantoor – met behulp van die inbelsentrum – sal sy deure oophou om diegene te help wat enige uitdagings met registrasie en ander belastingverwante kwessies ervaar,” het hy aan Republikein gesê.

“Ons het groot belangstelling in die stelsel onder baie belastingbetalers gesien in die vorm van navrae, asook mense wat geregistreer het om hul opgawes aanlyn in te dien,” het Shidhudhu gesê.

“Tot dusver is ons tevrede met die reaksie, maar wil eindelik hê almal moet op die stelsel registreer,” het hy gesê.

Shidhudhu sê belastingbetalers wat op hul ouer stelsel geregistreer was, het die meeste probleme ervaar omdat die nuwe stelsel ‘n belasting-identifikasienommer (TIN) vereis, wat nie nodig was vir die ouer stelsel nie.

“Ook het mense wie se ID-nommers verander het, veral die met ou Suid-Afrikaanse ID’s, probleme ervaar. Ons moedig belastingbetalers dus aan om ons kantore te besoek en hul inliting by ons by te werk.”

Hy het gesê nog ‘n probleem wat ervaar is, is dat belastingbetalers onvolledige TIN-nommers gee.

“Dit begin altyd met ‘n nul,” het hy gesê.

In ‘n dokument op die ministerie se webwerf word verduidelik jy moet slegs ‘n nul vooraan jou ou TIN-nommer byvoeg, wat op die ministerie se vorige Taxlive-stelsel gebruik is. Die nuwe Itas-stelsel vereis agt syfers.

Dit beteken as jou vorige TIN-nommer 1234567 was, sal dit nou 01234567 op die Itas-stelsel wees.

Shidhudhu sê hulle ontwikkel die stelsel steeds en waar probleme ontstaan, word klagtes deur die publiek aangeteken en hanteer om die stelsel gebruikersvriendeliker te maak.

Die doel is om elke belastingbetaler uiteindelik op die stelsel geregistreer te hê, het Shidhudhu gesê.

Hy het verduidelik die doel met die Itas-stelsel is om moderne inligtingstegnologie te gebruik om belastingadministrasie te outomatiseer. Boonop moet dit as ‘n ondersteuningstelsel vir die departement van binnelandse inkomste dien om sekere strategiese doelwitte te behaal.

“Die Itas-stelsel bied ‘n selfdiensopsie vir belastingbetalers en hulle kan na hul rekeninge en opgawes kyk en ook byvoorbeeld na generiese inligting soek,” het hy gesê.

“Ons doen ‘n beroep op belastingbetalers om hierop te registreer; die stelsel is baie gebruikersvriendelik.

“Ons gaan ook ‘n bewustheidsveldtog van stapel stuur om belastingbetalers te leer hoe om op die stelsel te registreer, en hoe belangrik dit is om belasting te betaal,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!