Duisende op anti-retrovirale behandeling

Kondome, besnydenis in stryd teen MIV gebruik

01 December 2016 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Sowat 150 000 mense in Namibië uit die 210 000 wat MIV-positief is, is op die staat se anti-retrovirale behandeling (ARV).

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste beteken dit Namibië het reeds 64% van sy doelwit vir behandeling bereik. Dr. Bernard Haufiku het tydens ''n nasionale Vigskonferensie op Swakopmund gesê slegs 26% of sowat 69 000 mense wat na beraming MIV-positief is, is nog nooit vir die siekte getoets nie.

Volgens Haufiku moet die koers van toets vir die siekte met 5,5% per jaar verhoog word.

“Dit beteken sowat 18 000 moet jaarliks, 1 400 maandeliks, 46 daagliks of twee mense elke uur vir die volgende vier jaar getoets word, sou ons ons doelwit wil bereik.”

Hy het beklemtoon mense móét getoets word om behandel te kan word.

“Sonder toetsing is daar geen manier hoe jy jou status sal weet nie en daarom geen manier waarop jy lewensreddende medikasie kan ontvang nie.”

Haufiku het Namibiese mans aangemoedig om hulself persoonlik daartoe te verbind en die moed bymekaar te skraap om hulself vir die siekte te laat toets. Volgens die minister wys Namibië se verdere vooruitgang in reaksie op MIV/vigs dat slegs 4% van babas van MIV-positiewe ma''s ook MIV-positief is.

Met verwysing na besnydenis as ''n wapen teen MIV/vigs het Haufiku berigte verwerp dat dit ondoeltreffend teen MIV-oordrag is.

“Niks kan verder van die waarheid wees oor die doeltreffendheid van besnydenis om die risiko van oordrag by besnyde mans te verminder nie.”

Hy het voorts gemaan die beëindiging van vigs in Namibië teen 2030 moet as ''n openbare bedreiging gesien word in die konteks van en noue verbinding met armoedeverligting en die vernouing van die gaping in ongelykheid.



gesig van armoede

“In Namibië is die gesig van vigs een van armoede en ongelykheid.”

Haufiku het voorts gesê die grootste slagoffers blyk jong vroue te wees omdat hulle “minder bemagtig is en meer teen gediskrimineer word bloot omdat hulle vroue is”.

Hy het verwys na die Gekombineerde Voorkomingstrategie wat aanpasbaar by plaaslike situasies is en fokus op die “grootste en mees volhoubare” impak om die voorkoms van MIV te verminder en die welstand van geraakte gemeenskappe te verbeter.

Volgens die minister het die voorkoms van tuberkulose (TB), ingesluit MIV-verwante TB, daadwerklik gedaal. Tog is Namibië steeds onder die top vier lande in die wêreld wat ''n reuselas van die siekte het.

“Die stryd teen MIV is die stryd teen TB. Ons sukses teen MIV sal verbind wees met ons sukses teen TB.”

Haufiku het voorts gesê kondome en inligtingsbrosjures behoort Desember by elke padblokkade beskikbaar te wees.

“Ons wil by elke plek waar meer as 10 mense bymekaar kom, veral jong mense, onmiddellike en onverhinderde toegang tot kondome hê. Orals in Namibië. Ons wil hê elke persoon moet getoets word.”

Soortgelyk

 

Venaani gaan Tsvangirai se begrafnis bywoon

1 dag gelede | Afrika

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) gaan die begrafnis van die ontslape Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai van die Movement for Democratic Change...

Geingob wens Ramaphosa geluk

1 dag gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het sy nuwe Suid-Afrikaanse eweknie, mnr. Cyril Ramaphosa, geluk gewens met sy inhuldiging as dié land sy vyfde demokratiese president.Hy sê in...

Nampol ontplooi helikopter in Noorde

1 dag gelede |

Die Namibiese Polisie het ’n helikopter na die Oshanastreek in die Noorde van die land ontplooi om misdaad in agt streke te bekamp. Die...

Waterkrisis woed op Rundu

1 dag gelede | Plaaslik

Maria Eiseb'n Voortslepende waternood heers die afgelope week op Rundu en het sommige inwoners sonder 'n druppel water in hul krane gelaat.Drie woonbuurte, Ndama, Safari...

Nuwe daeraad vir SA

1 dag gelede | Politiek

Politieke redaksie - Pres. Jacob Zuma se bedanking kort voor middernag Woensdag het 'n einde gebring aan 'n stormagtige nege jaar in Suid-Afrika se post-apartheidgeskiedenis.Die...

Wending kom in Ava-moordsaak

1 dag gelede | Howe

Denver KistingDie prokureur van die jong vrou, me. Zenobia Seas, wat haar tweejarige dogtertjie, Ava Owoses, na bewering in 2016 wreed vermoor het, gaan eers­daags...

Beskerm ietermagôs

1 dag gelede | Omgewing

Sedert 21 Julie 2017 tot 31 Januarie vanjaar is 77 mense in Namibië in hegtenis geneem vir handel in ietermagôs, en is 19 lewendige diere...

Weer vir 16 Februarie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en baie warm tot bloedig warm in die Suide en Noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm...

Kalender 16 Feb

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die Franko Namibiese Kultuursentrum...