Duisende kinders slagoffers in Namibiu00eb
Duisende kinders slagoffers in Namibiu00eb

Duisende kinders slagoffers in Namibië

Die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn benodig veel meer mannekrag om aandag aan al die gevalle van kindermishandeling, -verwaarlosing en uitbuiting te skenk.
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Meer as 4 000 kinders is die afgelope twee jaar in Namibië fisies of seksueel mishandel of verwaarloos.

Nóg 293 is by die kantore of skuilings van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn weggegooi.

Dié skoksyfers is deur minister Doreen Sioka bekend gemaak.

Altesaam 1 566 gevalle van seksuele mishandeling van kinders is van 2019 tot 2021 by die ministerie aangemeld. Die aantal gevalle van liggaamlike mishandeling beloop 833, terwyl maatskaplike werkers 1 587 gevalle van verwaarlosing deur ouers gerapporteer het.

Maatskaplike werkers verbonde aan die beskermingseenhede vir geslagsgebaseerde geweld (GBV) moes sielkundige hulp aan 3 122 kinders en hul families bied. Dit sluit kinders uit wat nie aan GBV blootgestel is nie, maar nietemin trauma ervaar het.

WET

Sioka het Woensdag op Ongwediva tydens ‘n slypskool oor wysigings aan die wet op kinderversorging en -beskerming gepraat.

Die ministerie benodig veel meer mannekrag om aandag aan al die gevalle van kindermishandeling, -verwaarlosing en uitbuiting te skenk, het Sioka beklemtoon. Daar is ook hopeloos té min maatskaplike werkers, het sy gesê.

Namibië het tans net een maatskaplike werker vir elke 13 000 kinders.

Die ministerie se poel van maatskaplike werkers moet dringend na ministens 242 vergroot word – of minstens een maatskaplike werker vir elke kiesafdeling, aldus Sioka.

Met die bestaande personeel bedien sommige maatskaplike werkers twee of drie kiesafdelings elk. “Dit beteken maatskaplike werkers kan net krisisse hanteer en kan nie dieper in sake delf nie,” het Sioka gesê.

Kinders het pionne in toesigsake tussen ouers, versorgers en voogde geword, het sy bygevoeg. “In sulke gevalle word die stem van die kind nie voldoende verteenwoordig of uitgedruk nie.”

Wetswysings beoog om dié onreg reg te stel, het Sioka onderneem.
FOTO UNSPLASH

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!