Duisende baat by volwasse onderrig
Veertien gemeenskapsonderrig- en ontwikkelingsentrums is landswyd gevestig.
Henriette Lamprecht – Meer as 600 000 Namibiese mans en vroue het die afgelope 25 jaar by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se direktoraat vir volwasse onderrig gebaat.
Ten spyte hiervan staar die volwasse onderwysstelsel steeds verskeie struikelblokke in die gesig.
Dit sluit die herhaling van grade en hoë uitsaksyfers onder veral benadeelde en gemarginaliseerde gemeenskappe in. Dié groep sluit plaaswerkers, sowel as volwasse San- en Himba-leerders in. Nog struikelblokke is armoede en nie-gemarginaliseerde groepe se benadering tot geletterdheidsprogramme.
Volgens die permanente sekretaris van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is 89% van volwasse mans in Namibië geletterd, en 88,5% van volwasse vroue.
Dié syfers word weerspieël in 2011 se Bevolking- en Behuisingsensus.
“Dit behoort as ’n prestasie beskou te word, ten spyte van die feit dat ons nie die grondwetlike mikpunt behaal het wat ons vir onsself gestel het nie,” het Steenkamp gesê.
Om vaardighede in geletterdheid te handhaaf en onderrig aan almal te bied, is 14 gemeenskapsonderrig- en ontwikkelingsentrums landswyd gevestig en elk beskik oor internetverbindings.
Volgens Steenkamp is die Ja, ek kan-veldtog ook in vier streke, naamlik Khomas, Kavango-Oos, Kavango-Wes en Oshikoto, van stapel gestuur.
“Dit sal baie gemarginaliseerde gemeenskappe in staat stel om toegang tot verbeterde geletterdheidsklasse deur middel van moderne tegnologie soos radio, video’s en TV-programme te hê.”
Sy sê in ’n digitale wêreld word inligtingsgeletterdheid vereis. Dit behels die vaardigheid om inligting- en kommunikasietegnologie en hul toepassings te gebruik en om inligting te skep.
Dit sluit ook rekenaar- en mediavaardigheid in.
“Die vermoë om die kuberruim en multimedia dokumente te gebruik, vereis beide die tegniese vaardighede om die internet te gebruik, asook die geletterdheidsvaardighede om inligting te vertolk.”
Volgens Steenkamp bestaan die hoop dat die koste van saketransaksies deur middel van digitale tegnologie sal afneem, doeltreffendheid in sakebestuur sal toeneem, onderwysstandaarde sal verbeter en dat dít verantwoordbaarheid van dienslewering in die openbare sektor sal verseker.
In die lig hiervan het die ministerie ’n bloudruk vir inligting- en kommunikasietegnologie (ICT) ontwikkel wat ten doel het om van Namibië teen 2018 ’n ICT-hutspot en ’n globaal kompeterende digitale ekonomie te maak.
Steenkamp was aan die woord met die aanvang van Volwasse Leerdersweek en Internasionale Geletterdheidsdag. Vanjaar is die tema vir laasgenoemde “Geletterdheid in ’n digitale wêreld”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie