Duisende as jy nie masker dra

22 January 2021 | Regering
Henriette Lamprecht – Weier jy om ’n masker te dra, kan jy maar jou sak skud vir ’n boete van duisende. So ook as jy op straat is ná 21:00, jy drank ná 18:00 of op Sondae verkoop, of ’n passasier is wat van openbare vervoer gebruik maak sonder om ’n masker te dra.

Dié swaar boetes is ingevolge die wet op openbare en omgewingsgesondheid en is in die Staatskoerant van 13 Januarie gepubliseer.

Sou jy nie ’n masker of deursigtige gesigskerm in ’n openbare plek dra nie of weier om ’n openbare plek te verlaat terwyl jy daarsonder is, moet jy N$4 000 uithaal.

Vir die reël van enige onwettige openbare samekoms, of as jy nie sorg dat die persone wat ’n wettige byeenkoms bywoon, dit voor 20:00 verlaat nie, is ’n boete van N$6 000 jou voorland. Word daar nie ’n register bygehou van teenwoordiges nie, dit vir 30 dae gehou en beskikbaar gestel vir inspeksie nie, moet jy N$2 000 betaal vir elke stap wat jy gemis het.

N$4 000 is die boete indien jy tussen 21:00 en 04:00 jou huis verlaat en sou jy weier om ’n dokument aan ’n polisiebeampte te toon dat jy wel tydens die aandklokure mag rondbeweeg, kan jy maar N$2 000 uithaal.

Met verwysing na drankverkope is die boete vir die onwettige verkoop en verspreiding van alkohol ná 18:00 op ’n weeksdag of ná 13:00 op ’n Saterdag of die onwettige verkoop op ’n Sondag en openbare vakansiedag op die perseel, in elke geval N$6 000.

Eienaars van besighede en bestuurders moet sorg dat registers by alle byeenkomste bygehou word en ook dat alle besoekers aan die betrokke gebou hulle by die regulasies hou om Covid-19 te bekamp. Gebeur dit nie, is die boete N$6 000.

Die eienaar of bestuurder van ’n voertuig wat vir openbare vervoer gebruik word, waag ’n boete van N$2 000, sou passasiers nie maskers dra nie.

Weier familielede van ’n persoon wat aan Covid-19 gesterf het om met die opsporing van kontakte en beheermaatreëls teen die siekte saam te werk, of om owerhede te laat weet die oorledene word op eie koste en verantwoordelikheid veras, is die boete N$2 000.

Gehoor moet gegee word aan die beperking van die aantal familielede wat die oorledene wil besigtig, sowel as die aantal persone by die graf, of dit kos jou N$1 000 vir elk van die oortredings.

Sou jy hierin misluk of weier om gehoor te gee aan die beperking dat ’n grafsteen eers ses maande ná die persoon se dood opgerig mag word, kan jy ’n boete van N$2 000 op die hals haal.

’n Boete van N$4 000 word gehef vir die verskaffing van vals inligting en N$3 000 vir die publisering van enige vals of misleidende verklaring oor die Covid-19-status van ’n persoon.

Persone in verpligte isolasie of kwarantyn wat iemand nooi om hom of haar te besoek, kry ’n boete van N$2 000. Verlaat jy bogenoemde gerief voordat jy deur ’n gemagtigde persoon die groen lig gegee is, kan jy jou maar regmaak vir ’n boete van N$4 000.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...