Duhan pak Bokke in eerste toets

Rugby
Stephen Nell – Duhan van der Merwe, die Britse en Ierse Leeus se Suid-Afrikaans gebore vleuel, het hul beginspan gehaal vir Saterdag se eerste toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion.
Die 26-jarige Van der Merwe, wat vir Skotland speel, is die Leeus se linkervleuel.
Sy direkte teenstander sal die Bokke se blitsbuks Cheslin Kolbe wees.
Die span word aangevoer deur die Walliese slot Alun Wyn Jones, wat eers verlede Donderdag by die Leeus aangesluit het nadat daar aanvanklik gevrees is dat ’n skouerbesering hom uit die reeks sou hou.
Warren Gatland, afrigter van die Leeus, sê in ’n nuusverklaring dat dit “verreweg die moeilikste” span was om te kies uit sy ervaring van vier Leeus-toere.
“Ons kon nie meer van die spelers gevra het nie. Almal het hul hande opgesteek. Om eerlik te wees, ons sou met enige kombinasies in die 23-tal tevrede gewees het,” sê hy.
• Britse en Ierse Leeus: Stuart Hogg, Anthony Watson, Elliot Daly, Robbie Henshaw, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Ali Price, Jack Conan, Tom Curry, Courtney Lawes, Alun Wyn Jones (k), Maro Itoje, Tadgh Furlong, Luke Cowan-Dickie, Wyn Jones.
Reserwes: Ken Owens, Rory Sutherland, Kyle Sinckler, Tadhg Beirne, Hamish Watson, Conor Murray, Owen Farrell, Liam Williams.
– Netwerk24

FOTO’S
Duhan van der Merwe is die Britse en Ierse Leeus se linkervleuel vir Saterdag se eerste toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion. Foto Getty Images

Alun Wyn Jones voer die Britse en Ierse Leeus Saterdag teen die Springbokke aan. Foto: Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!