Dubbele vreugde vir gesogte Chris Morris
Dubbele vreugde vir gesogte Chris Morris

Dubbele vreugde vir gesogte Chris Morris

Sy terugkeer tot die SA eendaggroep was maar net die eerste brokkie goeie nuus.
Tielman van Lill
Christo Buchner



Al was hy Woensdagoggend 'n slagoffer van die berugte druk verkeer tussen Pretoria en Johannesburg, was dit steeds 'n baie goeie dag vir Chris Morris.

Kort op die hakke van die nuus vroeg­oggend dat hy terug in die Suid-Afrikaanse eendaggroep is vir die toer na Australië, is sy naam ook eerste getrek in die spelerspoel vir die Mzansi Superliga (MSL), wat by Montecasino in Johannesburg gedoen is.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat dié veelsydige speler die mees gesogte was op die spelerstrekking.

In 2017 sou hy in die Global T20-liga, wat toe nooit plaasgevind het nie, vir die span van Durban gespeel het, maar hierdie keer was dit die Nelson Mandela Bay Giants wat hom opgeraap het. Hy bevind hom gevolglik in die gesogte groep van spelers wat R900 000 sal verdien vir hierdie toernooi, wat van 16 November tot 16 Desember plaasvind.

“Dit laat my nederig voel om weer die speler te wees vir wie 'n span die graagste wou hê. Ek het dit werklik nie verwag nie,” sê Morris.

“Dit is 'n spesiale gevoel en ek was nog besig om in die kar te ry op pad hierheen (Montecasino) toe ek die nuus ontvang het,” sê hy.

Tog is dit die feit dat hy weer terug in die nasionale opset is, wat Morris die breedste laat glimlag.



RUGBESERING

“Dit is die rede hoekom ek krieket speel. Hierdie sal ook my eerste toer na Australië wees en veral ná wat vroeër vanjaar met die Aussies op hul toer hierheen gebeur het (kwaai loesings en die balpeutery-skandaal) sal hulle oorgehaal wees om te wil vergoed daarvoor.

“Ons kan ons dus voorberei op 'n geweldige aanslag van hulle,” sê Morris.

Hy was die laaste deel van verlede seisoen uit aksie met 'n rugbesering wat toe erger was as wat aanvanklik vermoed is.

“Ek moes toe maar net geduldig wees, maar tog moet ek erken dat ek met die reeks in Sri Lanka kriewelrig begin raak het omdat ek nie deel van die aksie kon wees nie.”

Morris gee toe sy krieketloopbaan het 'n hupstoot gekry met die geboorte van sy seun, James.

“Jy kan nie glo watter motivering dit vir my is om hom nou in my lewe te hê nie. Dit maak my ook baie meer rustig om terugslae soos beserings te hanteer.

“Ek kon in die tyd wat ek beseer was, gehaltetyd saam met my gesin deurbring en 'n band opbou met my kind. Om ook in my eie bed te kon slaap, was fantasties,” sê Morris.

Hy sê hy het nog altyd geglo op sy beste is hy goed genoeg om die nasionale span te haal.

“Ek erken ek was nog nooit regtig so bestendig soos wat ek kan wees op internasionale vlak nie. Ek kan jou nie 'n rede daarvoor gee nie. Ek wens ek het geweet,” sê hy.

Morris sê hy sal selfs bereid wees om in 'n Wêreldbeker op die maan te speel, maar om dit volgende jaar in Engeland te hê, gaan baie spesiaal wees.

Farhaan Behardien en die veelsydige Dwaine Pretorius is ook in die toergroep na Australië ingesluit en kry 'n kans om te veg vir 'n Wêreldbeker-plek.

Die Proteas se groep: Faf du Plessis (k), Farhaan Behardien, Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Imran Tahir, Heinrich Klaasen, Aiden Markram, David Miller, Chris Morris, Lungi Ngidi, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Dale Steyn. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!