Dubbele goud vir Savannah

17 May 2019 | Kuns en vermaak
Vir 30 jong Namibiërs het die deure na groter roem op skrefies oopgegaan tydens die afgelope naweek se Namibiese kampioen­skappe vir die uitvoerende kunste.

Saterdagaand was die naghemel vol blink sterre, maar die ­verskietende ster van die talentvolle ­Savannah Collins (25) het besonder helder geskyn toe sy die enigste musikant was wat met twee goue medaljes vir oorspronk­like komposisies kon spog. Die twee nommers uit haar pen, “Be Free” en “My Mind”, het Suid-­Afrikaanse beoordelaars regop laat sit in 'n atmosfeer wat herinner het aan tonele uit die gewilde The ­Voice-reeks in die buiteland.

Die 30 Namibiërs wat goud in die ses verskillende kategorieë verower het, het sowat 'n jaar om hul talent te slyp en geld vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste in Julie 2020 in Los Angeles in die VSA in te samel.

Savannah, wat verlede jaar danksy die Gondwana Collection in die inter­nasionale kollig beland het met haar eie komposisie en lied oor haar ­geboorteland, sê sy is trots op haar en haar landgenote se prestasies.

“Ek is deesdae 'n working girl en dis nogal moeilik om die regte hoeveelheid aandag aan my musiek en kuns te gee, maar my passie dra my, en musiek en kuns is 'n integrale deel van my lewe. Om as 'n lid van Team Namibia in Los Angeles te beland, sal die hoogtepunt van my loopbaan wees.”

Savannah het haarself op die ouderdom van 14 jaar leer kitaar speel en toe een oggend besluit sy kan ook sing. Ná skool het sy vir vier jaar musiek aan die College for the Performing Arts in Kaapstad studeer waar sy haar akoestiese en elektriese kitaar-­vernuf opgeskerp en by van die grootste kunsfeeste opgetree het.

Sy is 'n groot voorstander van oorspronklike musiek en het al 12 nommers op haar debuutalbum in 2017 met die titel Be Free self geskryf.

Die titelliedjie en nog drie van haar eie komposisies het die afgelope twee jaar groot aandag op plaaslike radiostasies en in Kaapstad geniet.

Verlede jaar het haar “Namibia my Friend” golwe in die buiteland gemaak en is saam met 'n treffende video van haar en die wilde perde van die Namib wyd deur die Gondwana-groep versprei.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...