Dubbele betaling van toelae in Augustus 'n fout
Sommige begunstigdes het ’n dubbele betaling van hul maatskaplike toelaag vir Julie en Augustus ontvang. Volgens die minsterie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn was die dubbele betaling as gevolg van ’n stelselfout by Nampost met die bekendstelling van nuwe kaarte vir hul verskillende Smart Card-rekeninge.
Die verkeerde betalings sal nou elektronies omgekeer word. Begunstigdes wat dus dubbele betalings in die Julie/Augustus-siklus ontvang het, sal gevolglik nie ’n betaling in September ontvang nie.
Die verkeerde betalings sal nou elektronies omgekeer word. Begunstigdes wat dus dubbele betalings in die Julie/Augustus-siklus ontvang het, sal gevolglik nie ’n betaling in September ontvang nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie