Dubbel die pret, dubbel die gemak

Lloyd Zandberg
Die AVANI-hotel en kasino is een van Windhoek se bekendste uithangplekke, en het onlangs ’n nuwe baadjie gekry.
Met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite, geriewe en baie meer beskibaar, is dit dié plek om te wees.
AVANI het onlangs hul Double or Nothing-kompetisie bekend gestel waar groot pryse op die spel is.
Dit behels dat gaste die kans het om baie spesiale aanbiedinge te wen (sien advertensie onder vir meer inligting).
Die lewe gaan oor balans, maar soms is dit goed om net daai biétjie meer pret te hê en minder te slaap.
By die AVANI-hotel en kasino is daar soveel om te geniet, dat jy net moet keer of jy kry nie genoeg slaap nie.
By AVANI kan jy seker wees dat die fyner besonderhede saak maak.
Of dit nou ’n verjaardagviering, ’n vinnige happie, ’n besigheidsvergadering, ’n luilekker kuier met vriende of ’n koue goue ná werk behels, AVANI is dié plek.
Met die ideale ligging en atmosfeer kan jy nie anders as om hier ’n draai te maak nie.
Met die eerste oogopslag lyk die plek deftig. En dit ís. Dis immers een van die luuksste hotelle in Namibië.
Met skoon, moderne afwerkings, voel mens dadelik dis ’n eer om hier te wees.
Die personeel is netjies, vriendelik en gretig om jou te bedien – en goeie diens bly maar ’n goue ster in almal se boekie.
Hulle is besonder hulpvaardig en doen alles in hul vermoë om jou besoek so aangenaam moontlik te maak.
AVANI-hotel en kasino is die beste keuse vir gemak en gemoedsrus.
Die hotelkamers is ruim, met gratis Wi-Fi en ’n minikroeg.
Jy kan die stad en die sonsopkoms vanuit jou kamer of suite bewonder.
Die Dunes-restaurant het ’n groot verskeidenheid kosse. Onder meer het hulle ’n seekosbuffet, ’n à la carte-spyskaart en heerlike gebak.
Besoek AVANI se webtuiste vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!