Du Plessis wen op uittel
Gholf
Die Omeya-gholfklub het laas Vrydag 'n nuwe besigheid as een van die borge van sy toernooie verwelkom, naamlik Butcher's Corner. Die Nege Putjie, Syfer 3 Uitdaging het die grootste getal spelers nóg (52) gelok wat meegeding het vir aanloklike vleispryse.
Die baan was opgestel om 'n paar truuks in te hou en spelers het die uitdaging baie geniet.
Die wenner was Arno du Plessis, danksy 'n uittel nadat hy en Abrie van Wyk beide met 22 punte klaargemaak het. Derde was Wietz Meyer (21), vierde Heinz Gilge (20) en vyfde Greg Wise (19, uittel).
Môre bied Omeya sy tweede kwalifiserende toernooi vir vanjaar se Windhoek Lager Internasionale Parespel aan, waar opnuut 'n stewige groep spelers behoort mee ding vir 'n plek in die nasionale rondte.
• 'n Borg wat reeds vir vyf jaar aan Omeya verbonde is, is PPS Namibia wat sedert 2014 eers vir twee jaar 'n Powerplay-toernooi en daarna vir drie jaar die PPS medaljereeks geborg het.
Mnr. Adri Vermeulen, PPS Insurance se hoof van distribusie, het egter 'n blinknuwe en opwindende formaat voorgestel wat as die PPS beterbal Powerplay gespeel gaan word. Dit bestaan uit drie toernooi by Omeya, op 2 Maart, 15 Junie en 27 Julie.
Die formaat is beterbal stableford en elke toernooi sal ses “Powerplay”-putjies hê waar elke speler se stableford-telling verdubbel word.
Spanne moet minstens twee uit die drie kwalifiserende toernooie speel as hulle tot die eindtoernooi op 26 Oktober wil deurdring.
Hierdie reeks beloof om nie net die ywerigste gholfspelers opgewonde te maak nie, maar is ook oop vir enige lid van PPS Namibia.
Die maatskappy se mnr. Adri Vermeulen het gister die borgskap van N$40 000 vir die reeks aan Omeya-gholfklub se hoofbestuurder, Dan Zwiebel, oorhandig.
Die bestuur van die gholfklub spreek sy dank teenoor PPS Namibia uit en sien uit na die afskop van die nuwe reeks op 2 Maart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie