DTA vra kommunikasievryheid
DTA vra kommunikasievryheid

DTA vra kommunikasievryheid

Die amptelike opposisie is bekommerd oor die voorgestelde enkele internasionale internetdeurgangsroete en vra dat Cran dit stop.
Estelle de Bruyn
Die DTA het sy kommer uitgespreek oor die beplande enkele fasiliteerder vir internasionale kommunikasie.

Volgens die sekretaris-generaal van die DTA, mnr. Manuel Ngaringombe, is Namibië 'n trotse baken vir die be­skerming van persvryheid en burgerlike vryhede. Dit sluit in die reg om te kommunikeer, om opinies openlik en vrylik oor enige onderwerp te lug, asook die reg op privaatheid.

“Die voorgestelde skuif na 'n enkele internasionale kommunikasie­deurgangsroete het die potensiaal om tot 'n toename in internasio­nale kommunikasiekoste vir die verbruiker te lei.

“Nog belangriker is dat dit teen die gees en doel van artikel 21 van die Grondwet indruis, waarin fundamentele vryhede soos die reg op vryheid van spraak, uitdrukking en denke verskans word,” sê Ngarin­gombe.

Hy vrees ook dat indien alle internasionale kommunikasie deur 'n enkele internasionale deurgangsroete gaan, wat gedeeltelik in buite­landse besit is, private gebruikers blootgestel sal word.

Boonop sal verbruikers se private kommunikasie gemonitor kan word. Dit het die potensiaal om belangrike regte te skend.

“Die groei van ons gemeenskap sal bepaal word deur die vermoë en gemak waarmee Namibiërs van alle vlakke van die samelewing, ongeag politieke, kulturele en gods­dienstige oortuigings, in staat is om aan die nasionale dialoog deel te neem oor kwessies wat die nasie raak.

“Enige voorgestelde inisiatief wat dit sal teenwerk moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word,” het Ngaringombe gesê.

Om hierdie redes doen die DTA 'n beroep op die Regulerende Owerheid van Kommunikasie van Namibië (Cran) om onmiddellik 'n einde te maak aan die skuif om 'n enkele inter­nasionale kommunikasiedeurgangsroete in te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!