DTA: NBC se bestuur onbevoeg
Die DTA vra dat die regering 'n amptelike ondersoek na die NBC en die wanbetaling van mediesefondsbydraes gelas.
Diepe kommer oor die toedrag van sake by die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) is deur die tesourier-generaal van die DTA, mnr. Nico Smit, uitgespreek.
Hy het spesifiek na die wanbetaling van mediesefondsbydraes aan Namibia Medical Care (NMC) verwys.
Bedrae wat van werknemers se salarisse afgetrek is, is sedert Februarie nie aan die diensverskaffer betaal nie.
“Voorts is daar aansprake dat die nasionale uitsaaier ook nie geld wat maandeliks van personeel se salarisse afgetrek is vir motor- en behuisingstoelae, asook persoonlike belasting, oorbetaal het nie. Dit maak die prentjie nóg donkerder,” het Smit gesê.
Hy sê die feit dat die NBC se bestuur toegelaat het dat die situasie tot op so 'n punt verswak, is 'n aanduiding dat diegene wat bestuursposisies beklee, onbevoeg is.
Volgens Smit is die wanbetalings deur die NBC voldoende rede vir 'n dringende, amptelike ondersoek.
“Die NBC-bestuur se optrede in hierdie verband kom neer op bedrog en/of diefstal en dit is noodsaaklik dat die waarheid uitkom en dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou word. Die NBC-bestuur se onbevoegdheid word verder beklemtoon deur hul benadering tot 'n begrotingstekort van N$80 miljoen.
“Dit is verstommend dat die persoon aan die stuur van sake by die NBC nie besef dat die verantwoordelikheid by die instansie self berus om tekorte in die nasionale begrotingstoekenning aan te vul deur nuwe bronne van inkomste te ontwikkel nie,” het Smit gesê.
Hy sê die arrogansie onderliggend aan die verwagting dat die regering verkwistende en wanbestuurde openbare entiteite moet en sal red, is gedeeltelik verantwoordelik vir die moeilike finansiële en ekonomiese tye wat die land beleef.
“In tye soos hierdie kan ons nie bekostig om geld roekeloos aan onderpresterende en wanbestuurde staatsondernemings te bestee nie,” het hy bygevoeg.
Hy sê die DTA vra reeds vir 'n geruime tyd dat die regering die gordel stywer moet intrek.
“Die DTA is van mening dat die tyd aangebreek het vir die regering om 'n voorbeeld te stel en op te hou om mislukte ondernemings te red,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie