DTA: Ministerie van finansies mis teikens
Die DTA se mnr. Nico Smit lig die materialisering van die verhoogde SACU-meevallertjie en die staat se groot salarisrekening uit as van die faktore in die begroting wat kommer wek.
Estelle de Bruyn - Die geloofwaardigheid van die begrotingsproses word die afgelope jare deurlopend ondermyn omdat die ministerie van finansies begrotingsteikens met tussen 20 en 24% mis.
Dit is die mening van die DTA se woordvoerder oor finansies, mnr. Nico Smit, wat Donderdag aan die eerste lesingsdebat oor die begroting in die Nasionale Vergadering (NV) deelgeneem het.
Hy het die voorbeeld van die bruto binnelandse produk genoem wat in Februarie 2016 vir die 2016-’17-boekjaar as N$189 miljard geprojekteer is en in die Oktober 2016 middeltermyn-begrotingshersiening met meer as 16% afwaarts tot N$158,6 miljard aangepas is.
"Dit is 'n duidelike aanduiding dat die agt persent-besnoeiing aan besteding nie voldoende was om 'n verskil aan die werklike begrotingstekort te maak nie," het Smit gesê.
Die geprojekteerde bruto binnelandse produk (BBP) vir die 2017-’18-boekjaar is net meer as N$171 miljard, wat N$26,6 miljard minder as die geprojekteerde BBP van Oktober 2016 is. In die Februarie 2016-projeksie was dit N$219,5 miljard.
"Gevolglik is die geprojekteerde BBP van N$171 miljard wat vanjaar deur die minister van finansies voorspel word, N$48,5 miljard minder as wat 'n jaar gelede in die vooruitsig gestel is, wat 'n afwaartse aanpassing van meer as 22,9% is. Dit is nie 'n geïsoleerde statistiek nie en 'n noukeurige ontleding van die nuwe, nasionale begroting onthul dat alle komponente 'n skerp afwaartse hersiening van tussen 18 en 24% ondergaan het teenoor die syfers wat 'n jaar gelede gepubliseer is," het Smit gesê.
Hy wys ook daarop dat die oorhoofse ekonomie meer as 22% kleiner as die geprojekteerde grootte in Februarie 2016 is.
"Dit sou meer aanvaarbaar gewees het as die ministerie van finansies sy begrotingsteikens met ongeveer vyf persent gemis het.
Betroubaarheid in gedrang
Die ministerie het egter deurlopend die teikens met digby 20% en in sommige gevalle met meer as 24% gemis. Dit bring die betroubaarheid van die begrotingsproses in gedrang en laat vrae ontstaan oor die geloofwaardigheid van die syfers wat die minister hier aangebied het,” het Smit gesê.
Smit het ook gewaarsku oor die verwagtinge van die minister van finansies dat die opbrengs uit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) na normaal sal terugkeer met 'n ambisieuse skatting van N$19 597 miljard.
"Die geskiedenis het bewys daar is geen waarborge dat die geprojekteerde SACU-opbrengs sal materialiseer nie," het Smit gesê. Hy sê indien die SACU-opbrengs nie realiseer nie, is die hele begroting irrelevant.
Operasionele uitgawes van N$50,84 miljard teenoor die hersiene syfer van N$50,72 in die middeltermyn-begrotingshersiening dui volgens Smit op die regering se ferm voorneme om sy operasionele koste, "wat die massiewe en onvolhoubare staatsdiens salarisrekening insluit", te behou.
In 2018 kom die operasionele besteding effens af tot N$49,6 miljard, wat volgens Smit bloot kosmeties is omdat daar geen bewyse is dat die staatsdiens werklik verklein gaan word nie.
Hy meen die bevries van poste in die staatsdiens is nie die antwoord nie.
"Onbevoegde en onproduktiewe staatsamptenare moet uit die staatsdiens verwyder word deur middel van vrywillige uitdienstredingspakkette ten einde die oorhoofse personeelkomponent te verklein. Dié wat agterbly, behoort beter vergoed te word sodat die totale produktiwiteit verbeter kan word, sonder om noodwendig die salarisrekening te vergroot," het Smit aan die hand gedoen.
Hy het die regering ook daarvan beskuldig dat die hele staatsondernemingsektor bloot bestaan om "werk vir kamerade" te verseker.
'Kreatiewe boekhouding'
Smit het bygevoeg dat die N$2 miljard-vermindering in die besteding vir die ontwikkelingsbegroting die leeueaandeel uitmaak van die N$5 miljard-besnoeiing wat deur die minister van finansies geïmplementeer is.
"Die totale besteding sluit die betekenisvolle N$5 miljard uit wat die regering vir rente op saamgestelde skuld moet betaal en waaroor nie onderhandel kan word nie. Die begrotingstoekenning vir rente, sogenaamde statutêre uitgawes, wys duidelik die kreatiewe boekhouding waarmee die regering verlede jaar besig was.
"Volgens die minister van finansies, in sy toespraak van 27 Oktober 2016, is een miljard dollar op rente bespaar en is dit deel van die besuinigingspakket. Dit, so is ons in Oktober meegedeel, het meegebring dat renteterugbetaling van N$4,875 miljard tot N$3,875 miljard verminder is. Dit was nie veel meer as vertoonvensterversiering nie omdat daardie N$1 miljard in besparing terug is en eweredig oor die beraamde rentebetalings vir die boekjare 2017, 2018 en 2019 versprei is," het Smit gesê.
"Wat waarskynlik die mees betekenisvolle element van die nuwe mediumtermyn-bestedingsraamwerk is, is die regering se besef dat dit nie die sondes van 2010 tot 2015 in 'n enkele jaar ongedaan kan maak nie. Die ontvouende, ekonomiese realiteit het die regering op sy knieë gebring en die regering moes die moontlikheid in die gesig staar, dat dit toegang tot sowel plaaslike as buitelandse kapitale markte kan verloor indien regeringsuitgifte tot rommelstatus afgegradeer word.
"Gevolglik is dit duidelik dat die mediumtermyn-bestedingsraamwerk ontwerp is om die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) te paai wat die begrotingstekort betref," het Smit gesê.
Hy het ook gemaan dat die regering 'n neutrale benadering tot die ekonomie moet hê en moet sorg vir wetgewing en 'n beleidsomgewing waarin die private sektor en klein en medium ondernemings kan floreer, en nie moet probeer om elke laaste projek tot op werkersvlak te mikrobestuur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie