DTA beplan eie grondkonferensie
Insette sal ingesamel word waarvolgens 'n beleidsdokument oor grondhervorming opgestel sal word.
Estelle de Bruyn - Die DTA beplan om ‘n beleidsdokument oor die verkryging en gebruik van grond in Namibië later vanjaar by die nasionale grondkonferensie ter tafel te lê.
Volgens die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, is die toestemming van die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, reeds gevra om dié dokument aan die konferensie voor te lê.
Ten einde die dokument voor te berei sal die DTA van 4 tot 6 September sy eie grondkonferensie hou.
“Die DTA het nog altyd daarna gestreef om ‘n instrument vir die uitdrukking van die belange en behoeftes van die mense van Namibië te wees. Met dit in gedagte wil ons hê die DTA se beleid moet die kollektiewe sienings en belange van Namibiërs, ongeag hul sosioëkonomiese status, ras, geslag, godsdienstige oortuiging en seksuele oriëntasie weerspieël,” sê Venaani.
Die beplande DTA-grondkonferensie sal volgens hom aan hierdie mandaat voldoen. Sodoende hoop die DTA om gewone Namibiërs die geleentheid te bied om inspraak in prosesse rakende die aanskaf, gebruik, eienaarskap en besetting van grond te hê.
Volgens Venaani sal die konferensie inklusief wees.
Die party hoop ook om verteenwoordiging van die landbousektor se veelvuldige sektore, die burgerlike samelewing, die jeug, boereverenigings, behuisingsaksiegroepe, die private sakesektor, die toerismesektor, politieke partye, maatskaplike bewegings en die akademie by die konferensie te hê.
“Ons glo ‘n aantal kwessies sentraal tot enige bespreking gaan oor grond en dit moet ‘n nasionale beleid oor grond in Namibië beïnvloed,” het hy bygevoeg.
As voorbeelde noem hy die geskiedkundige nalatenskap van die ontneming van grond en buitelandse eienaarskap wat op ‘n konkrete manier die hoof gebied moet word.
Voorvaderlike grondeise moet gevolglik ‘n sentrale komponent van enige nasionale grondbeleid wees. Hierdie eise moet op aanspreeklikheid en deursigtigheid fokus en ‘n kultuur van deursigtigheid en vertroue moet gevestig word.
Voorts moet die ekonomiese lewensvatbaarheid van grondhervorming in ag geneem word. Venaani sê die grondhervormingseksperiment in Zimbabwe bied ‘n goeie voorbeeld van die belangrikheid om strukture te hê wat verseker dat landbouproduktiwiteit nie negatief deur die proses van grondhervorming geraak word nie.
“Dit is dus noodsaaklik dat ons ‘n nuwe paradigma ten opsigte van hervestiging ontwikkel. Dit moet voorsiening maak vir inkubasiesentrums en fokus op vennootskappe vir die oordrag en deel van vaardigheid en kundigheid.”
Hy meen ook dat huidige praktyke en dit wat voorheen van toepassing was, hersien moet word.
“In die lig hiervan moet eerlike oor die ‘gewillige koper, vrywillige verkoper’-model besin word. Die doel moet wees om ‘n formule te vind wat maatskaplik regverdiger is vir die verkryging van grond vir die doel van hervestiging in gevalle waar grond aan buitelandse of afwesige grondeienaars behoort,” sê Venaani.
Hy sê grond in sy geheel moet die oogmerk van die nasionale grondkonferensie wees.
Alle definisies van grond, insluitende landbou-, kommersiële-, stedelike- en kommunale grond moet in die nasionale grondbeleid ingesluit word.
Dit sluit volgens hom die regte van grondeienaarskap, die registrasie en proklamasie van grond, hervestiging en toegang tot grond in.
Hy is van mening dat grond die vermoë het om armoede te verlig.
Dit kan egter net gebeur wanneer eiendomsregte bestaan en landboumetodes en prosesse voldoende gemoderniseer is om produktiwiteit te verhoog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie