Dít is die reëlings vir skole môre

02 August 2020 | Onderwys
Alle pre-primêre leerlinge en leerlinge in grade 1, 2, 3, 7 en 9 moet môre by die skool aanmeld sodat onderwysers die werk wat tot dusver gedoen is, kan afrond en met hulle die werk kan bespreek wat hulle van Dinsdag af tuis moet doen.
Graad 10-leerlinge gaan nié môre skool toe nie, maar meld hulle wel Dinsdag aan om dan saam met die graad 11's en 12's klaskamer-onderrig by skole te ontvang terwyl al die jonger leerlinge tuis bly en afstandsonderrig doen.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur sê in 'n verklaring wat vanmiddag (Sondag) uitgereik is die maandlange onderbreking van
onderrig in klaskamers beteken nie skole sluit en dit is vakansietyd nie. Onderwysers sal steeds vir skool aanmeld en seker maak leerlinge gaan tuis met hul skoolwerk voort.
'n Beroep is ook op ouers gedoen om kinders se bewegings te beperk en só te keer dat die virus versprei.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

25 minute gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

6 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...