DStv Premium verloor 100 000 kykers in SA
Francois Williams – Die betaaltelevisiegroep Multichoice het sy totale aantal intekenare in die boekjaar tot einde Maart met 12% tot 15,1 miljoen laat groei, maar sy Premium- en Compact Plus-kykers in Suid-Afrika het altesame met 7% gekrimp.
MultiChoice, wat die betaaltelevisiedienste DStv en M-Net bied, asook die videostromingsdiens Showmax, het Dinsdag aangekondig sy totale aantal intekenare het met 1,6 miljoen gegroei.
Die sterkste groei is in die res van Afrika. Dit is nou die eerste keer dat hy, met 7,7 miljoen intekenare, meer mense buite Suid-Afrika as binne Suid-Afrika het wat sy dienste gebruik. In Suid-Afrika alleen is daar 7,4 miljoen intekenare.
MultiChoice maak steeds nie bekend presies hoeveel intekenare by by Showmax is nie.
In Suid-Afrika het intekenare met 8% of 500 000 gegroei. Maar kykers wat ingeteken is op DStv Premium en DStv Compact Plus het meestal weens bekostigbaarheid met 7% afgeneem tot 1,5 miljoen teenoor die vorige jaar se 1,6 miljoen.
Sy gemiddelde inkomste per gebruiker het gedaal van R335 tot R322 weens wat hy beskryf as die voortdurende verandering in intekenaarmengsel, met meer mense wat na goedkoper pakkette afskaal.
Die intekenare in die middelmark, wat Compact- en Commercial-pakkette gebruik, het min of meer dieselfde gebly op sowat 2,8 miljoen. Die massamark het wel sterk met 23% tot 3,1 miljoen gegroei. Dit is mense wat sy Family-, Access- en Easyview-pakkette gebruik.
MultiChoice sê nie hoeveel intekenare hy het wat sy DStv Now of Showmax internetgebaseerde vermaakdienste gebruik nie, maar die aktiewe gebruikers het volgens hom wel verdubbel in die afgelope boekjaar.
Die groep se handelswins in Suid-Afrika was omtrent dieselfde as die vorige boekjaar op R10,2 miljard. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie