DSSW teen geweld op vroue

18 February 2003 | Politiek en nasionale nuus
LEERLINGE by die Delta Sekondêre Skool Windhoek het gister hul stemme dik gemaak teen die ysterhand van geweld wat die land se vroue en kinders al stywer in sy greep vasknel.
Dié vreedsame protesaksie teen gewelddade volg op die wreedaardige moord op die 16-jarige Ipula Akwenye deur haar 17-jarige kêrel op 27 Januarie. Beide het skoolgegaan by DSSW.
Skoliere het dit beklemtoon dat hulle dit as hul plig beskou om \'n wekroep te rig aan die Namibiese jeug en die breë gemeenskap om geweld in die sterkste moontlike terme af te keur. Twee nasate van bekende politieke leiers het as spreekbuis vir die leerders se gevoelens opgetree.
In sy boodskap het Tulangeni Pohamba, seun van die Minister van Grondsake, Hervestiging en Rehabilitasie, mnr. Hifikepunye Pohamba, die dood van Ipula as \'n groot ontwrigting vir die skool bestempel. Hy het daarop gewys dat dié laakbare daad in skerp kontras staan met verskeie dele van die DSSW-gedragskode - wat \'n hoë premie plaas op die handhawing van respek, waardigheid en medemenslikheid.
Talengeni het die hoop uitgespreek dat mense se hartseer oor die heengaan van Ipula hul sal versterk in hul stryd teen geweld.
President Sam Nujoma se kleindogter, Ujama Nujoma, het gewelddade teen vroue en kinders toegeskryf aan die rigiedheid van tradisionele geslagrolle. Sy het byvoorbeeld verwys na die persepsie dat die man die oppergesag in die gesin is.
Volgens Ujama moet die man egter hierdie ontsettende verantwoordeliheid met die grootste omsigtigheid hanteer. Ten slotte het sy gepleit vir \'n kultuur van verdraagsaamheid en onderlinge respek, wat mans en vroue as gelyke vennote sal beskou.
Die nadoodse ondersoek op Ipula Akwenye het bevind dat sy drie maande swanger was ten tyde van haar dood. Die minderjarige seun wat in verband met die voorval arresteer is, verskyn weer op 9 April in die hof.

Soortgelyk

 

Nog 38 leerlinge toets positief vir Covid-19

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê nog 38 leerlinge van 'n sekondêre skool in die Onandjokwe-distrik het positief vir Covid-19...

Ligloop vir motorswendelary

4 ure gelede | Misdaad

’n Onlangse misdaadverslag van die Namibiese polisie waarsku die publiek teen ’n sindikaat wat goedkoop motors onder valse voorwendsels op sosiale media adverteer. Die swendelaars...

Feedmaster se Namib Laboratories doen nou Covid-toetse

4 ure gelede | Tegnologie

Die voermaatskappy Feedmaster se laboratorium wat in 2018 opgerig is om diagnostiese mikrobiologiese-, serologiese- en polimerase-kettingreaksie (PCR)-toetse vir die Namib Meulens-groep van maatskappye te doen,...

Psemas-tender sluit

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, het Woensdag (23 September) gesluit. Dit volg nadat sekere vereistes in...

Babelse verwarring oor toerismeregulasies

17 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – Met Babelse verwarring wat in die toerismesektor oor die nuwe Covid-19-regulasies heers, word steeds op meer duidelikheid gewag.“Ons sal weet sodra daar...

Gemsbok soek lafenis

17 ure gelede | In beeld

Die Desert Hills Lodge in die Naukluft-berge naby Sesriem het 'n spesiale besoeker gehad wat sy dors in die swembad kom les het. Volgens mnr....

N$30 miljoen dringend nodig om rooisprinkane te beveg

17 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig. Dit, om te...

Weer vir 28 September

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar baie warm in die Noorde met 'n paar wolke wat oor die Zambezistreek...

Skoonmaakveldtog takel landswye probleem

17 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – 'n Geskatte 61 ton menslike ontlasting en huishoudelike rommel word daagliks in die openbare areas in Windhoek se informele nedersettings gestort. Dié...