Du00eds wat op SA wag as rommelstatus kom
Du00eds wat op SA wag as rommelstatus kom

Dís wat op SA wag as rommelstatus kom

Moody’s het die buurland se skuldgradering op 1 November een heel laaste kans gegee toe hy die land se vooruitsig na negatief verander het.
Bloomberg – Die meeste ontleders verwag nou dat Suid-Afrika nie meer rommelstatus kan vermy nie, maar hulle stem nie saam oor wat daarna sal gebeur nie.

Die mees pessimistiese ontleders verwag dat daar ná ’n kredietafgradering tot rommelstatus deur Moody’s Investors Service ’n regstreekse uitvloei van $10 miljard uit die land sal volg. Dit sal dan waarskynlik lei tot die verswakking van die rand tot sy swakste vlak in meer as vier jaar, toe hy ineengestort het nadat Suid-Afrika in een week drie ministers van finansies gehad het.

Ander ontleders meen dat vertroue in Suid-Afrika reeds so laag is dat die mees rampspoedige newe-effekte van ’n kredietafgradering tot onder beleggingsgraad eintlik reeds ingeprys is.

Moody’s het Suid-Afrika se skuldgradering op 1 November een heel laaste kans gegee toe hy die land se vooruitsig na negatief verander het. Dit beteken die risiko vir ’n amptelike afgradering binne die volgende 18 maande is nou bitter hoog.

Hoekom is dit ’n probleem?

As Moody’s wel Suid-Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad laat val, is hy die laaste van die drie groot kredietgradeerders wat dit doen. Dit beteken Suid-Afrika se kredietgradering is dan amptelik op rommelstatus.

Een van die eerste effekte hiervan is dat randgedenomineerde staatseffekte nie meer op die FTSE Wêreldstaatseffekindeks (WSEI) sal wees nie. Dié indeks bevat sowat $3 000 miljard se beleggings en werk met 14 geldeenhede, volgens die Bank of New York Mellon.

Buitelandse beleggers hou tans 37% of R780 miljard van Suid-Afrika se randgedenomineerde staatseffekte.

Verskeie indekse van buitelandse staatseffekte mag volgens regulasies nie belê in effekte wat tot rommelstatus gedaal het nie.

Dis wat verskeie ontleders meen sou volg:

Bank of America Merrill Lynch (BoAML)

Die Amerikaanse kredietverskaffer verwag dat die afgradering kort op die hakke van die begrotingsrede in Februarie sal volg, en twyfel of pres. Cyril Ramaphosa se regering daarin sal kan slaag om kommer oor ’n groter fiskale gaping of die skuldkrisis van Eskom sal kan paai.

Maar David Hauner en Jure Jeric, ontleders by Bank of America, sê dat die markte dit eintlik reeds ingeprys het en dat die uitvloei slegs tot $1,5 miljard beperk sal wees, veral as China en die VSA ontluikende markte aanhou ondersteun deur hul handelsoorlog te begin afskaal.

Suid-Afrikaanse bates is goedkoop, reken Bank of America, en ná die afgradering “sal die mark waarskynlik styg namate onsekerheid daal,” het hulle vandeesmaand in ’n nota gesê.

Bank of New York Mellon (BoNYM)

Daniel Tenengauzer, hoof van markstrategie van BoNYM, is baie meer pessimisties en voorspel dat tussen $8 miljard en $12 miljard die land sal uitvloei as Suid-Afrika sy plek op die WSEI sou kwyt raak.

Die feit dat Suid-Afrika tans die land met die beste opbrengste op die indeks is, sal waarskynlik nie veel kan help om die massaverkope te bekamp nie, het hy gesê. Rand-effektekoerse is gemiddeld 9,2%, ongeveer 360 basispunte meer as vir die Mexikaanse peso se staatseffekte, met die tweede hoogste opbrengs.

Citigroup

Gina Schoeman, ekonoom van Citigroup, reken ’n afgradering in Maart dreig as Suid-Afrika nie daarin slaag om ’n “geloofwaardige skuld-stabiliseringstrategie te ontwikkel nie”, wat moeilike onderhandelinge tussen die regering en vakbonde sal behels. Moody’s se “verdraagsaamheid blyk laag”, het sy in ’n nota op 4 November aan kliënte gesê, en bygevoeg dat ’n uitsluiting van die WSEI waarskynlik tot ’n uitvloei van tussen $6 miljard en $7 miljard uit die land sal lei.

Intellidex

Suid-Afrika se kanse om ’n afgradering ná die Februarie-begroting te vermy, is 50:50, sê Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing van Intellidex. ’n Afgradering is volgens Montalto in ’n mate reeds ingeprys en dit kan $5 miljard se uitvloei tot gevolg hê.

Investec

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê ’n negatiewe vooruitsig, eerder as ’n amptelike begin van ’n hersieningsperiode, beteken dat Moody’s Suid-Afrika waarskynlik so lank as 18 maande sal gee om sy finansies in orde te kry. Die opbrengste op randgedenomineerde staatseffekte met ’n looptyd van tien jaar kan met tot 10% styg as daar ’n afgradering is, maar hulle sal waarskynlik nie soveel styg as wat in Brasilië en Turkye die geval was toe dié lande tot rommelstatus verlaag is nie, het sy gesê.

Rand Merchant Bank (RMB)

Moody’s “het Suid-Afrika eintlik gepak weens ons politiek,” het Kim Silberman, ontleder van RMB, in ’n video vir kliënte op 4 November gesê. Sy dink dat die afgradering teen Maart nou “beslis moontlik” is en die rand sal waarskynlik daal tot R16 per dollar, 7,6% swakker as die huidige koers en ’n vlak wat sedert vroeg 2016 laas bereik is.

Adrian Schwellnus, ’n effektehandelaar van RMB, sê dat die uitvloei enigiets tussen R30 miljard en R200 miljard kan beloop. “Een ding om van bewus te wees, is dat hierdie wêreldomstandighede waarskynlik die beste is om ’n afgradering in te kan kry,” het hy gesê. Dit verwys veral na die hoër aptyt vir risiko soos buitelandse beleggers nie meer opbrengs in die ontwikkelde wêreld kan vind nie.

Standard Chartered (SC)

Razia Khan, hoofekonoom van SC vir Afrika en die Midde-Ooste, meen dat ’n afgradering nie so vroeg as in Maart waarskynlik is nie. Die negatiewe vooruitsigte van Moody’s “gee die owerhede eintlik presies die politieke beskerming wat hulle nodig het om ’n standpunt oor hervormings in te neem,” sê sy.

’n Toename in ekonomiese groei in die volgende jaar kan op sigself eintlik ook beteken dat ’n afgradering sommer heeltemal vermy word, het sy gesê. Selfs al werk dit nie so positief uit nie, reken Samir Gadio, hoof van strategie in Afrika by SC, blyk ramings van ’n uitvloei van om en by $10 miljard ‘aansienlik te hoog’, reken hy.

– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP DOWN -0.0065 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP DOWN -0.0065 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035