Dís waarom bitcoin skielik soveel styg

Handelsoorlog het impak

17 May 2019 | Ekonomie
Petrus Malherbe – Die onverwagse styging in die prys van bitcoin die laaste paar dae is waarskynlik ’n direkte reaksie op markonsekerheid weens die voortslepende handelsoorlog tussen China en Amerika, sê Marius Reitz hoof van Luno in Suid-Afrika.

Beleggers en ontleders is die afgelope week onkant betrap met die bitcoin-prys wat skielik die hoogte inskiet. Teen Woensdag het dit selfs bo $8 200 gaan draai voordat dit weer tot net onder die $8 000-kerf teruggesak het.

Volgens Reitz is bitcoin moontlik besig om ’n bulmark te betree ná die afgelope jaar se relatiewe stabiliteit in die prys daarvan.

In Januarie vanjaar het die prys skerp van $6 500 in Desember tot so min as $3 100 gedaal, waarna dit gestabiliseer het rondom die $4 000-merk.

Die aanvanklike styging aan die begin van April was waarskynlik veroorsaak deur ’n institusionele belegger (of beleggers) wat op een slag ’n groot bedrag geld in bitcoin belê het, sê Reitz.

Dit het ’n stormloop van kopers ontketen wat die prys verder opgejaag het.

“Ek vermoed die huidige lopie is steeds in reaksie op die momentum wat deur die aanvanklike prysstyging veroorsaak is.”

Reitz meen wel dat die handelsoorlog tussen China en Amerika ’n wesenlike impak op die bitcoin-prys kan hê, aangesien beleggers geneig is om te diversifiseer na digitale geld wanneer ander bateklasse soos aandele en kontant wisselvallig raak.

Die prys van bitcoin het histories ’n baie klein of bykans geen korrelasie getoon met hoe hierdie ander bateklasse vaar nie.

Sentrale banke het ook in die laaste paar maande meer sekerheid gegee oor die moontlike regulering van die bedryf, sowel hier as elders.

Dié versekering het ook as ’n nodige hupstoot gedien om mense te noop om in kriptogeld te belê, sê Reitz.

Plaaslik sien Luno ook al hoe meer mense wat belangstel in die prys van bitcoin, maar wat nie noodwendig kopers word nie.

“Daar is baie belangstelling van sowel gewone klante en institusionele beleggers wat wil seker maak hulle loop nie die volgende lopie mis nie.”

Sodra meer mense belangstel om bitcoin te koop, skiet die prys op.

“Dit lei wel tot ’n tydperk van spekulasie,” waarsku Reitz.

“Dit is die voortslepende tema vir die geldeenheid. So ons verwag meer skommelinge in die prys.”

Al daal die prys van bitcoin dalk weer oor die komende weke, bly die waarde daarvan oor tyd steeds toeneem.

Die plaaslike prys van een bitcoin was Woensdagmiddag net meer as R121 000, die hoogste vlak die afgelope jaar.

Bitcoin het sy hoogste vlak bereik toe dit in Desember 2017 teen bykans R265 000 verhandel het. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

11 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

11 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

11 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

11 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

11 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...