Du00eds hoekom amptenare nie verhogings kry
Du00eds hoekom amptenare nie verhogings kry

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

Die regering meen die feit dat bykans die helfte van die nasionale begroting sowat 109 000 staatsamptenare toekom, is nie volhoubaar nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir ‘n 2%- vrywillige bydrae tot droogtehulp gevra is.

Dit, asook die grootte van die salarisrekening vir staatsamptenare, is as redes aangevoer waarom die regering se onderhandelingspan oor salarisverhogings en byvoordele vir staatsamptenare nie in die 2019-’20-boekjaar salarisaanpassings sal maak nie.

Só het mnr. George Simataa, kabinetsekretaris, Donderdag in ‘n nuusverklaring gesê ná die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) aangekondig het hulle sleep die regering arbeidskommissaris toe.

Dit omdat sedert Januarie verlede jaar glo nog geen teenaanbod op die vakbonde se voorgestelde jaarlikse verhogings vir 2019 tot 2021 gemaak is nie.

Simataa sê daar is aan die vakbonde verduidelik geen salarisaanpassings sal in die 2019-’20-boekjaar gemaak word nie weens die negatiewe ekonomiese klimaat.

Nog redes is dat die huidige salarisrekening vir staatsamptenare reeds sowat N$30 miljard van die regering se totale begroting van N$66,5 miljard in beslag neem.

Dit is dus 45% van die begroting vir sowat 109 000 staatsamptenare.

“Wat die meeste kommer wek, is dat dit ander landsburgers van ‘n gelyke deel van die nasionale inkomste ontneem.

“Tydens ons vergaderings het ons benadruk ‘n situasie waar ‘n klein groep mense – sowat 109 000 staatsamptenare – bykans die helfte van die nasionale begroting ontvang in ‘n bevolking van meer as 2 miljoen mense kan nie volhoubaar wees nie,” sê Simataa.

Hy sê die regering het streng maatreëls ingestel om die grootte van staatsamptenare se salarisrekening te beperk.

Ander dringende sake sluit in om werkloosheid onder die jeug te verlaag, om na meer as 12 000 NSFAF-studente om te sien wat tans nie studiegeld het nie, om werksgeleenthede vir mediese personeel te skep en onvoldoende mediese sorg te pak.

Simataa het ook gesê die gebrek aan handboeke, klaskamers en onderriggeriewe moet opgelos word, want meer as 85% van die onderwysbegroting gaan aan salarisse.

Hy het bygevoeg die regering is toegewy daaraan om goeie verhoudings te handhaaf wat oor die jare met die betrokke vakbonde gebou is.

Hy het gesê die regering sal homself aan die verloop van die reg onderwerp noudat vakbonde ‘n dispuut verklaar het.

Simataa het gesê die regering is gewillig om die saak verder met vakbonde te bespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!