Drukfout sluip in by 2020-Bybel se voorwoord

01 December 2020 | Kuns en vermaak
’n Tegniese uitlegfout het in die Hebreeuse tekste in die voorwoord van die 2020-Bybelvertaling ingesluip.

Ds. Dirk Gevers, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, sê die fout kom net in die voorwoord voor en nie in die hoofteks of voetnotas nie.

Die 2020-Bybel is ’n nuwe (direkte) vertaling wat die Griekse en Hebreeuse brontekste so getrou moontlik in goeie Afrikaans wou weergee, het prof. Bernard Combrink, emeritusprofessor in die Nuwe Testament aan die Universiteit van Stellenbosch en projekleier van die vertaalproses destyds gesê. Dis nie ’n woordelikse vertaling, soos in die geval van ’n letterlike vertaling nie.

Gevers sê die fout is in albei weergawes van die eerste druk – die een waar verwysings na Jesus in die Ou Testament met hoofletters geskryf word, en die een sonder die hoofletters.

Daar is reeds altesaam 40 017 foutiewe eksemplare gedruk.

“Onder die afdeling Hebreeuse name vir God is die Hebreeus ongelukkig van links na regs gedruk en nie van regs na links nie. In al die weergawes tot die finale uitlegfase was dit korrek,” sê hy.

“As gevolg van verskillende uitlegspesifikasies wat vir die voorwoord en die Bybelteks gebruik is, is die teks deur die program wat vir die uitleg gebruik word, van links na regs uitgelê.

“Daar is ook nog nie voorheen ’n Bybel met Hebreeuse teks deur die Bybelgenootskap gedruk nie. Die span wat die uitleg gedoen het, het ook nie besef dat die uitlegspesifikasies verskil tussen die voorwoord en die hoofteks nie,” sê Gevers.

Gevers sê die fout sal nie ’n leke-leser raak nie, omdat dit slegs in die voorwoord voorkom en dan moet jy Hebreeus magtig wees om dit hoegenaamd agter te kom.

Toe die Bybelgenootskap die fout agtergekom het, het Gevers aan die leiers van al die Afrikaanse kerke geskryf.

Die fout is reeds in die uitleg reggestel en die Hebreeus sal in die voorwoord van die volgende druk reg wees.

Paul du Plessis, voorsitter van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, sê hy geniet die huidige vertaling baie.

“Dis ’n goeie vertaling en het baie werk vereis.”

Die vertaalproses het omtrent 13 jaar geduur.

Du Plessis wys daarop dat baie min mense ’n voorwoord lees. Dit sal die Bybelleser nie pla nie.
– Netwerk24

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

46 minute gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...