Druk op Trump oor u2018seksuele wangedragu2019 neem toe
Druk op Trump oor u2018seksuele wangedragu2019 neem toe

Druk op Trump oor ‘seksuele wangedrag’ neem toe

Drie van die vroue wat pres. Donald Trump van Amerika van seksuele misdrywe beskuldig, het Maandag versoek dat Trump se gedrag deur die Kongres ondersoek moet word.

Verskeie vroue het die afgelope tyd na vore gekom oor beweerde seksuele wangedrag van bekendes in Hollywood, die media en politieke kringe.

Die afgelope twee jaar het meer as ’n dosyn vroue Trump daarvan beskuldig dat hy ongevraagde seksuele toenadering by hulle gesoek het nog voordat hy tot president verkies is. Drie van die beweerde slagoffers, Jessica Leeds, Rachel Crooks en Samantha Holvey, het Maandag op ’n nuuskonferensie gesê die jongste beweringe moet heroorweeg word, gegewe die gesprekke oor seksuele teistering. Hulle het ook ’n rolprent "16 Women and Donald Trump" bemark wat onlangs uitgereik is, waarin verskeie slagoffers gesien word waar hulle beweer Trump het hulle gesoen sonder om toestemming te vra, hul private dele gegryp, sy hand by hul klere opgedruk en ongevraagde toenadering gesoek.

Die Kongres moet hul partybande vir eers opsy sit en Trump ondersoek, sê Crooks, ’n voormalige ontvangsdame.

Hulle glo nie Trump sal oor die bewerings bedank nie, maar dat hy verantwoordbaar gehou moet word.

Trump het die bewerings wat al sedert die 1980’s dateer, ontken. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!