Druk op Boucher laai op
Druk op Boucher laai op

Druk op Boucher laai op

Krieket
Tinus van Staden – As die Proteas die huidige T20-reeks teen Pakistan verloor, sal dit hul agtste reeksnederlaag onder Mark Boucher wees.
Sedert Boucher in Desember 2019 as hoofafrigter aangestel is, het die span nog net twee reekse gewen – die eendagreeks teen Australië verlede jaar en die onlangse toetsreeks teen Sri Lanka. Een reeks het gelykop geëindig en ’n gedeelde reeks is ook die beste uitslag waarop sy span nou in die T20-reeks teen die Pakistani’s kan hoop.
Die vierde en laaste wedstryd in die reeks word Vrydag in Centurion gespeel en die druk op Boucher begin oplaai.
Boucher, wat ’n kontrak tot die Wêreldbeker-toernooi van 2023 het, se kop word toenemend in sekere media- en sosialemedia-kringe geëis.
Boucher besef ook sy span moet begin wen. Daar is egter versagtende omstandighede, want die Proteas speel tans sonder minstens agt van hul beste spelers.
“Daar is heelparty positiewe aspekte uit die reeks, soos Aiden Markram se kolfwerk en vennootskap met Janneman Malan. Lizaad Williams was fantasties tot dusver met die wyse waarop hy geboul het en sy energie op die veld. Sisanda Magala het in die tweede wedstryd ook goed teruggeveg nadat hy vroeg gesukkel het, en dit wys karakter,” het Boucher Donderdag gesê.
“Die negatiewe sy is natuurlik die nederlae. Ons is onder groot druk geplaas en ons het nie op daardie druk gereageer soos ek weet ons spelers kan reageer nie. Die spelers het ontsenu geraak en ons was nie so slim soos wat ons kon wees met waar ons geboul het en waar ons ons veldwerkers geplaas het nie.
“Ek dink nie eens ons sou (Woensdag) gewen het as ons 230 lopies aangeteken het nie, want ons het gevou onder die druk wat op ons gelaai is.”
Boucher is ook gepols oor ’n rubriek op IOL waarin hy van provinsialisme beskuldig word omdat hy nie vir Kyle Verreynne kies nie. Die rubriek vra of Boucher, ’n voormalige afrigter van die Titans, spelers van die Cobras benadeel.
“Daar is geen vooroordele nie. Ons is vier keurders wat die span kies met die doel om wedstryde te wen. Kyle is as die plaasvervanger-paaltjiewagter gekies. Wihan Lubbe is as ’n plaasvervanger vir die topdrie gekies. Dit is die rede waarom Kyle nie speel nie.
“Kyle het ’n baie goeie vertoning gelewer in die derde eendagwedstryd, maar dit is T20-krieket. Ons het ook hard saam met Kyle gewerk aan ’n paar aspekte waarin hy kan verbeter sodat hy ’n wêreldklasspeler in al drie formate kan wees. Dit is die doelwit.”
Terwyl daar lawaai van buite die span is, het die Proteas self baie vertroue in hul huidige stelsel en plan.
Een van die span se sleutelspelers, Rassie van der Dussen, het verlede week aan Netwerk24 gesê hy meen die span is beslis op die regte pad.
“Dit was moeilik die laaste paar maande, want ons het baie selde met ons volsterkte span gespeel, of dit nou was weens beserings, die IPL, of ouens wat vroeër uit Pakistan moes terugkom om in kwarantyn in te gaan,” het Van der Dussen gesê.
“As ons nie beïnvloed word deur eksterne faktore nie, sal jy ’n meer gebalanseerde prentjie kan sien oor waar ons is. In die kamp is ons positief. As die bepalings ons die volgende paar jaar beter gesind is, en ons ons beste span vir ’n geruime tyd kan saamkry, gaan dit ’n beter oorsig gee van waar ons is.”
• Groepe:
SUID-AFRIKA: Heinrich Klaasen (k), Bjorn Fortuin, Aiden Markram, Andile Phehlukwayo, Beuran Hendricks, George Linde, Rassie van der Dussen, Janneman Malan, Sisanda Magala, Wiaan Mulder, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, Kyle Verreynne, Pite van Biljon, Daryn Dupavillon, Migael Pretorius, Lizaad Williams, Wihan Lubbe.
PAKISTAN: Babar Azam (k), Arshad Iqbal, Asif Ali, Danish Aziz, Faheem Ashraf, Fakhar Zaman, Haider Ali, Haris Rauf, Hasan Ali, Mohammad Hafeez, Mohammad Hasnain, Mohammad Nawaz, Mohammad Rizwan, Mohammad Wasim jr., Sarfaraz Ahmed, Shaheen Shah Afridi, Sharjeel Khan, Usman Qadir.
• Begintyd: Vrydag 14:30 (SS Grandstand, SS Cricket en SABC3).


FOTO
Mark Boucher hou kajuitraad met die senior Proteas Heinrich Klaasen, David Miller en Aiden Markram. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%