Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand
Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

Namibië het internasionale hulp nodig om hierdie droogteramp te oorleef.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se oorlewingsmaatreëls te subsidieer en noodvoedsel te lewer.

Dié aankondiging is Woensdag gemaak nadat die kabinet Dinsdag die ministerie van landbou, water en bosbou se aanbeveling hieroor goedgekeur het.

Die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) het sowat twee maande gelede ’n voorlegging in dié verband met die landbouminister, mnr. Alpheus !Naruseb, bespreek.

Geld vir dié bystand sal deur die nasionale noodrampfonds gekanaliseer word, het die kabinet in sy opdrag gesê.

Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), het by navraag gesê dié unie verwelkom die aankondiging.

“Die droogte neem reeds rampafmetings aan en internasionale hulp is dringend nodig om die impak hiervan te verminder. Dit is van uiterste belang dat dié krisis amptelik tot ’n nasionale ramp verklaar word ten einde alle rolspelers en moontlike hulpbronne te mobiliseer om gesamentlik die impak te help verlig,” sê hy.

Hy sê die NLU en Necfu het reeds ’n opvolgvergadering met !Naruseb versoek om nadere besonderhede te kry oor die ondersteuning wat beskikbaar gaan wees. “Ons is ook besig met ’n voorlegging om die ekonomiese impak van die droogte te kwantifiseer.”

Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), meen ook ’n noodtoestand is nodig, aangesien dit die deur vir internasionale noodverlening sal oopmaak.

Hy sê boere is wanhopig en aangesien die hele land ewe sleg daaraan toe is, kan boere nie binnelands weiding vind om te huur nie.

Pres. Hifikepunye Pohamba, Namibië se vorige president, het in Mei 2013 ’n noodtoestand afgekondig weens die droogtekrisis wat toe geheers het. Baie boere is dit eens dat die landbousektor vanweë die ondernormale reënval in die daaropvolgende jare nou slegter daaraan toe as toe dié noodtoestand geheers het.

Die beloofde regeringshulp wat nou aangekondig is, behels voedselbystand en die verskaffing van watertenkwaens vir waterlewering.

Verder sluit dit aanmoedingshulp vir lewendehawebestuur in, subsidies vir die vervoer van vee na en vanaf weidingsgebiede, asook vir die vervoer van veevoer, die huur van noodweiding, en subsidies vir lekaanvullings en veevoer om kernkuddes aan die lewe te hou.

Graanproduksente sal ook subsidies ontvang.

Die kabinet het ’n beroep op regeringsinstellings en ministeries soos verdediging en gesondheid en maatskaplike dienste gedoen om fasiliteite beskikbaar te stel en bystand te verleen met die implementering van die droogtehulp.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!