Droogte suig damme, riviere leeg
Damme landswyd het gemiddeld net 28,2% water oor en dié in die Ooste se vlakke is besonder laag.
Elvira Hattingh - Die ernstige droogte waaronder Namibië tans gebuk gaan, is ook duidelik in rivier- en damvlakke te bespeur, met veral riviere wat vanjaar rekordlaagtes bereik het.
Die Zambezirivier het gister (Woensdag 22 Mei) net 2,1 m diep by Katima Mulilo gevloei, heelwat laer as verlede jaar, op dieselfde datum, toe dit 6,37 m diep gemeet het.
Dit is die laagste vlak vir dié rivier oor die afgelope vyf jaar en anders as gewoonlik, het die rivier tydens die afgelope reënseisoen nooit die 3 m-kerf verbygesteek nie. Oor die algemeen is die rivier op sy volste tussen Maart en teen die einde van Mei.
Verlede jaar het die Zambezirivier die 7 m-kerf aan die begin van Meimaand oorgesteek, terwyl dit tydens die 2016-’17-reënseisoen reeds begin-April ‘n hoogtepunt van 6 m bereik het.
Terselfdertyd het die Kavangorivier tans ook minder water as verlede jaar dieselfde tyd se 5,85 m. Dit vloei nou 4,4 m diep verby Rundu en was vanjaar slegs aan die begin van Maart vir ‘n kort rukkie dieper as 5 m.
Vanjaar kenmerk dus ‘n rekordlaagte vir dié rivier, wat gewoonlik sy hoogste vlakke tussen Februarie en Mei bereik.
Die Kavangorivier het in Aprilmaand van die 2015-’16-reënseisoen ‘n rekorddiepte van 8 m bereik, terwyl dit verlede jaar teen die einde van Mei ook dieper as 7 m gevloei het. Die 2016-’17-seisoen was dié rivier se tweede swakste in die afgelope vyf jaar, waartydens dit nooit die 6 m-merk kon oorsteek nie.
DAMME OOK BYKANS LEEG
Op nasionale vlak het damme gemiddeld 28,2% water oor.
Damme in die Ooste het ‘n nuwe rekordlaagte bereik, met ‘n gemiddeld van sowat 1,9% water wat oor is. Die Otjiverodam hou tans net 3,2% water, terwyl sy slikdam tans leeg is. Die Tilda Viljoendam het 3,3% water oor, terwyl die Daan Viljoendam 1,9% water bevat.
Die damme in sentrale dele van die land sien ook nie goed daarna uit nie.
Die drie damme wat sentrale Namibië, Windhoek ingesluit, van water voorsien, het tans gemiddeld 18,8% water oor. Die Omatakodam is egter leeg, terwyl die Swakoppoortdam net 13,3% water oor het en die Von Bachdam op 43,4% staan.
Intussen vind wateroorplasings van die Swakoppoortdam na Von Bach voortdurend plaas, terwyl water wat vanuit bronne in die Noorde soos die Berg Aukas- en Kombat-myne gepomp word, ook na die Von Bachdam oorgeplaas word sodra dit die Omatakodam bereik.
Die Goreangabdam in Windhoek is tans 100,2% vol, terwyl die Suide se damme gesamentlik nog 36,2% water bevat. Die Hardapdam is 21,2% vol, terwyl die Nautedam nog 90,4% water hou en die Oanobdam naby Rehoboth 49,8% vol is.
Die Olushandjadam het ook 15% water oor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie