Droogte: Nie neusie verby vir boere
Droogte: Nie neusie verby vir boere

Droogte: Nie neusie verby vir boere

Boere het weer moed noudat die reënseisoen op gang kom.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Akkerbouers en veeboere het weer hoop en glo al is die seisoen laat, kan landboutoestande nog herstel.

Droëlandmielieboere het in weerwil van die droë, warm toestande tot einde Januarie, ongeveer 60-70% van die normale aantal hektare geplant en dit lyk asof baie daarvan oorleef het.

“'n Paar produsente het selfs die kans gevat en oorgeplant, of nog hektare by geplant toe die reën begin het,” sê mnr. Christoff Brock, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB).

Hy sê produsente het skielik weer hoop en daarom het van hulle oorgeplant in die hoop dat die ryp sal wegbly totdat die mielies droog genoeg is. Met die vinniggroeiende kultivars is dit moontlik, verduidelik Brock.

“Die bestuur van die Akkerbouprodusentevereniging (APV) het verlede week vergader en ek was verbaas hoe vinnig die produsente, wat op die punt was om moed op te gee, weer hoop gekry het,” vertel hy.

Selfs onder kommunale mahangu­boere heers daar hoop. “Hulle situasie is anders as dié van kommersiële boere in die sin dat hulle, wanneer dit gereën het, nie eensklaps al hul grond kan bewerk en plant nie. Hulle berei hulle lande met die hand voor en kan daarom elke keer as die toestande gunstig is, net 'n halwe hektaar of wat plant. Dan moet hulle eers weer wag tot die volgende reën voor hulle verder kan plant,” verduidelik hy.

“Nietemin lyk toestande in die kommunale gebiede, met die uitsondering van die westelike deel, nie sleg nie,” sê Brock.

Mnr. Simon Dirkse, hoof van klimaat en die databank by die Namibië Metereo­logiese Diens (NMS), sê normale toestande word vir die res van die reënseisoen voorspel.

Volgens sy reënvaloorsig vir die seisoen tot einde Januarie, was laasgenoemde maand die droogste in jare. Met die uitsondering van die verre noordelike en noordoostelike dele, het die res van die land enkele milli­meters of geen reën ontvang nie.

Statistiek wat deur die metereoloog mnr. John Olszewski verskaf is, toon daar was net ses Januaries sedert 1926 wat dit minder as 10 mm by die weerkantoor in Windhoek gereën het.

Vanjaar is 7,5 mm gemeet. Die ander Januaries was in 1946, 1961, 1981, 1982 en 1995.

Dirkse meen dit is nie te laat vir landboutoestande om te herstel nie. “Die veeboere se weiveld kan nog herstel as goeie opvolgreën val. Dis net die akkerbouers wat nog nie kon plant nie, wat moeilikheid het,” sê hy.



SUIDEBOERE

Me. Anette Steyn, 'n bekende kleinveeboer van Koës, sê hulle het sedert Vrydag op hul plaas, Gories, tussen 25 en 43 mm reën gehad – die eerste vir die seisoen. “Ná maande van elke dag voer gee. . . vragte en vragte, is daar lig in die tonnel,” sê sy.

Volgens Steyn is die weiveld op die sogenaamde “kalkgebied” veerkragtig en herstel die bossies vinnig. “Hier kan 'n boer baie vinniger ná die reën aan die gang kom as in die Kalahari, behalwe as daardie plase nog polveld het,” sê sy.

Steyn sê uit gesprekke met boere lyk dit asof die kolle in die Suide waar dit nog nie gereën het nie, kleiner word. “Ek het vandag (Woensdag) met 'n boer gepraat wat suid van die hoofpad tussen Keetmanshoop en Aus boer en hy het nog net 3 mm vir die seisoen gehad.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.46/OZ UP +1.36% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 907.38/OZ UP +1.40%