Droogte in noordweste nie verby
Boere sukkel steeds om kop bo water te hou
Yandi du Plessis – Te midde van die Covid-19-pandemie wat die jagbedryf op sy knieë gedwing het, sukkel boere van die Kamanjab-omgewing steeds met ondergemiddelde reënval en die gevolge wat verlede jaar se felle droogte meegebring het.
Hoewel die droogte-juk vir die land grotendeels versag is, buiten die nuwe struikelblokke wat die Covid-19-pandemie voortgebring het, het verskeie gebiede aangemeld dat die droogte vir sommiges nog nie verby is nie.
Boere in byvoorbeeld die Kamanjab-omgewing in die noordweste van Namibië het aangemeld dat die reënval op hul plase vanjaar steeds ondergemiddeld was.
Mnr. Jan du Plessis, wie se plaas Sebra tussen Kamanjab en Khorixas geleë is, sê vanjaar is die negende opeenvolgende droogtejaar wat hulle moes deurmaak.
Verlede jaar het dié plaas in totaal net 48 mm reën gehad en hoewel die syfer vanjaar aansienlik beter was (135 mm), is dit steeds onder die gemiddeld van 250 tot 300 mm wat dié gebied veronderstel is om te ontvang.
Du Plessis sê dit het al moeilik geraak om telling te hou van die aantal diere wat jaarliks vrek, maar sê hulle het ongeveer 100 bokke en 20 beeste laasjaar aan die droogte afgestaan.
Talle beeste het weens veediefstal weggeraak omdat die beeste moes vry loop om weiding te soek.
Nog 'n sekondêre gevolg van die droogte was roofdiere soos luiperds, hiënas, rooikatte, jakkalse en selfs ratels wat ook van die boere se groot- en kleinvee doodgemaak het.
Die plase Vergeleë en Lopshorn naby Kamanjab het verlede jaar net 80 mm gehad.
Op 130 mm lyk vanjaar se reënval vir dié twee plase aansienlik beter, maar steeds onder die jaargemiddeld van 250 mm.
“Daar is wel gedeeltes met meer weiding as verlede jaar dié tyd, maar dit is kort en yl met kaal kolle. Die suidelike deel van al twee plase het bitter min reën gehad en daar is byna geen gras nie. Dit gaan definitief weer 'n moeilike jaar wees,” sê me. Amelia Coomber wat daar woon.
Me. Liana Kruger van die plaas Bruno, 32 km wes van Kamanjab, sê hulle het vanjaar 136 mm reën teenoor die verwagte gemiddeld van 200 mm gehad. Verlede jaar het net 70 mm reën op dié plaas geval.
“Die reën het baie laat vanjaar gekom; ons moes omtrent alles verkoop,” sê Kruger.
Sy sê egter die weiding lyk aansienlik beter as verlede jaar, veral aangesien die veegetalle reeds baie kleiner is.
Mnr. Albie van Niekerk, die streekverteenwoordiger vir die Namibiese Landbou-unie (NLU), het beaam die situasie is nog ver van ideaal af.
“Die afgelope reënseisoen wat ondergemiddeld was in die Kamanjab-omgewing moet in perspektief gesien word met die afgelope sewe-plus jare wat dié boere al droogte gehad het, wat dan ook verklaar hoekom daar so min of niks vee op party plase oor is nie.
“Voeg die stryd teen ongediertes en op sommige plase die olifantskade by, dan besef jy in watter situasie die groter Kamanjab se boere tans verkeer.
“Hiermee saam is die jag- en gastebedrywe ook vanjaar tot stilstand gedwing met die coronapandemie.
“Hierdie situasie is geweldig uitdagend vir die boere. Talle ander boere en plaaseienaars van dié gebied het soortgelyke reënvalsyfers aangemeld.”
Heelwat boere verdien ook 'n inkomste uit die jagbedryf wat grotendeels deur die Covid-19-pandemie tot stilstand geruk is en die noodtoestand wat dit meegebring het.
Besprekings moes uit- of afgestel word, aangesien oorsese kliënte nie na Namibië mag reis terwyl die huidige reisverbod van krag is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie