Dronkbestuur streng gemonitor

'Menslike gedrag' grootste faktor

22 December 2016 | Ongelukke
Leandrea Louw - Toerusting ter waarde van N$150 875 is aan die Namibiese polisie en die munisipale verkeerseenheid van Swakopmund en Walvisbaai geskenk.

Die skenking is deur die deur die Forum vir die Selfregulering van die Alkoholbedryf (SAIF) en die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF) gedryf, met laasgenoemde wat teen 2020 padongelukke met 50% wil verminder. Vanjaar het die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) 662 sterftes en 6 619 beserings op Namibiese paaie aangeteken.

Die Erongostreek het die tweede hoogste aantal sterftes aangeteken.

“Sowat 82% van ongelukke kan aan menslike gedrag toegeskryf word. Openbare onderrig is 'n belangrike faktor wat 'n bydrae tot die verandering van gedrag kan lewer. Ons glo egter opleiding het geen impak sonder die nodige wetstoepassing nie,” sê mnr. Horst Heimstädt, uitvoerende hoof van die PSRSF.

Namibië Brouerye het saam met MTC toerusting ter waarde van N$93 000 vir padblokkades tussen Walvisbaai en Swakopmund geborg.

“Die doel van die skenkings is om wetstoepassingspersoneel van die nodige toerusting en verversings te voorsien wat hulle in staat stel om hulle werk doeltreffend by padblokkades te doen. Ons vra die publiek dus om geduldig te wees wanneer die beamptes hulle werk doen om ongelukke en padsterftes te verminder. "Ons doen ook 'n beroep op wetstoepassingspersoneel om geen genade teenoor oortreders te toon nie.

"Ons moedig padgebruikers aan om enige voorvalle en wangedrag by padblokkades te rapporteer,” sê Heimstädt.

Die SAIF ondersteun die verantwoordelike gebruik van alkohol en glo alkohol kan deel van 'n gebalanseerde leefstyl wees sonder om die lewens van onskuldige mense in gevaar te stel.

“Verlede jaar het 681 mense hul lewens as gevolg van padongelukke verloor. Met die veronderstelling dat 34% van alle ongelukke alkoholverwant is, en gevolglik 100% voorkombaar is, kon Namibië die lewens van ongeveer 231 mense tydens 2015 gespaar het. 'n Volledige verslag van SAIF toon dat die gebrek aan vervolging een van die grootste redes is waarom bestuurders willens en wetens onder die invloed bestuur,” sê Heimstädt.

Die SAIF het onderskeidelik vyf asemtoetsers ter waarde van N$43 625 en een asemtoetser en 'n drukker ter waarde van N$14 250 aan die polisie van Walvisbaai en Swakopmund geskenk.

Die vyf asemtoetsers gaan by die Walvisbaai-padblokkade gebruik word, met die asemtoetser in ­Swakopmund wat intern gebruik sal word om kantoorpersoneel van Swakopmund se verkeersdepartement te toets.

Die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, kommissaris Andreas Nelumbu, sê hulle gaan aanhou veg om almal veilig te hou. “Ons sal aanhou veg en probeer tot ons laaste asem. Bly weg van bestuur af as jy gedrink het. Die twee kan nie saamgaan nie.”

Volgens hoofverkeersbeamptes Eben Platt en Melvin Cloete is nege mense vanjaar vir dronkbestuur in Walvisbaai inhegtenis geneem.

In Swakopmund is 14 mense, van wie sewe die afgelope naweek, vir dronkbestuur sedert 1 Desember in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Keelvol studente soek hul geld

11 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

11 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

11 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

11 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

11 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

11 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

11 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

11 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...

Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

11 ure gelede | Maatskaplik

Telwin !Owoseb - Namibië“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en...