Dronkbestuur so vasgevat
Dronkbestuur so vasgevat

Dronkbestuur so vasgevat

Die nuwe STAND-veldtog gaan daagliks 2 500 mense by 25 verskillende beheerpunte vir dronkbestuur toets.
Tanja Bause
Tanja Bause - Tot dusver het 420 mense vanjaar in padongelukke in Namibië gesterf, terwyl 4 001 beseer is.

Dié skokstatistiek is deur mnr. Sidney Boois van die Padongelukkefonds (MVAF) tydens die bekendstelling van die STAND-veldtog bekend gemaak.

Dié projek, wat oor die volgende ses maande op Windhoek en op die B1- en B2-roetes sal fokus, word deur Hollard, die MVAF, die Namibiese- en stadspolisie, die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF), die Forum vir die Selfregulering van die Alkoholbedryf (Saif), PRIMEDIA, MTC en M&Z Motors gedryf.

“STAND gaan daagliks 2 500 mense by 25 verskillende beheerpunte vir dronkbestuur toets, met 'n zero toleransie-houding sou motoriste onder die invloed van alkohol bestuur.

Die beheerpunte en -tye sal afgewissel word,” lui 'n mediaverklaring wat deur Hollard uitgereik is.

Sedert Maandag is daar reeds 34 beheerpunte op die B1-roete vanaf Okahandja tot Oshikango en ook op die B2-roete tussen Okahandja en Swakopmund geïdentifiseer wat deur polisiebeamptes beman sal word.

“Hulle gaan nie almal onder dieselfde boom staan nie, maar gaan rondbeweeg en gaan padgebruikers op ver­skillende plekke voorkeer,” verduidelik hoofinspekteur Amalia Gawanas van die Namibiese polisie.

“Word jy vir dronkbestuur gevang, gaan jy nie borgtog kry nie. Jy gaan vir 48 uur tronk toe en vandaar af hof toe. Dit is wat ons doen, wat veroorsaak dat mense soos vlieë op ons paaie sterf, ons moet nóú optree,” het sy gesê.

“Ons sal in die volgende ses maande 5 000 padgebruikers in Windhoek voorkeer,” het superintendent Adam Eiseb van die stadspolisie se verkeers­eenheid gesê.

“Dit het tyd geword dat Namibiërs standpunt inneem.

Dink twee keer voor jy drink en bestuur, want die kanse dat jy deur die polisie afgetrek gaan word, is nou baie goed.

As jy jou naweek eerder saam met jou gesin wil bestee as om in die tronk te sit en 'n klag van dronkbestuur teen jou te hê, moenie dronk bestuur nie,” het me. Henriette Crouse van Hollard gemaan.

Mense wat wat by die STAND-veldtog betrokke wil raak, kan vir Boois by 061 289 7099 skakel. 'n E-pos kan ook aan [email protected] gestuur word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!