‘Dronk’ polisieman wat bedel, steeds in mag
Video vat vlam
Denver Kisting – Teen gistermiddag was die konstabel wat twee maande gelede glo dronk op die westelike verbypad vir N$10 gebedel het, steeds in die tuig.
Adj.komm. Edwin Kanguatji, die hoof van die polisie se skakelafdeling, het aan Republikein gesê die man is ’n psigiatriese pasiënt.
Ten tye van die voorval in November verlede jaar was die beampte op mediese behandeling, het Kanguatjivi gister by navraag gesê.
’n Video, wat ’n lid van die publiek vermoedelik destyds gemaak het, versprei veral sedert die afgelope naweek soos ’n veldbrand op sosialemediaplatforms.
Op dié beeldmateriaal verskyn die junior beampte in uniform op dié hoofweg.
Kanguatjivi sê die man is in November in hegtenis geneem en moet eersdaags weer voor die hof verskyn.
In daardie stadium was hy verbonde aan die eenheid gemoeid met polisieoperasies, sê Kanguatjivi.
Hy is sedertdien geskuif na die Windhoek-polisiekantoor, waar hy hoofsaaklik dokumente sertifiseer.
Die polisiewoordvoerder sê daar is intussen beslag gelê op die beampte se uniform – volgens hom sy enigste stel.
Volgens Kanguatjivi is die interne verhoor na die beampte se beweerde buitemuurse gedrag ook nog hangend.
Of hy wel op daardie dag onder die invloed van alkohol was, té veel van sy medikasie geneem het óf dalk ’n psigiatriese episode beleef het, moet nog vasgestel word, sê Kanguatjivi.
Die polisieman was glo ’n onderwyser voordat hy by die mag aangesluit het. Dit is nie bekend of hy toe al psigiatriese uitdagings beleef het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie