DRK-vlugtelinge in Uganda
Nuwe Kongolese vlugtelinge kom by ‘n nedersetting vir vlugtelinge in Kyangwali, Uganda aan. Sedert Januarie het meer as 3 700 mense reeds uit die Demokratiese Republiek van Kongo gevlug, waar gewelddadige aanvalle deur Mai-Mai milisies in die Kivu-streke uitgevoer word. ‘n Gebrek aan kos, water en basiese dienste het hulle genoop om na Uganda te vlug. Meer as 23 000 het oor die Albertmeer in bote en kano’s gevlug. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie