DRK-aanval: Myners veilig
Erika Gibson - Vier Suid-Afrikaners is Vrydag na veiligheid gebring ná hernude rebelle-aanvalle op die Namoya-goudmyn in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), waar hulle werk.
Die Franse en Britse owerhede het reeds Donderdag hul burgers by die myn, sowat 600 km suid van Bukavu, na veiligheid geneem. Vyf mynwerkers word reeds sedert vroeg Maart as gyselaars aangehou.
Wayne Packer en Christo Boshoff van Welkom, Albertus Arp van Bloemfontein en Klaas Meyer van Potchefstroom, werk reeds jare lank vir die Kanadese Banro Corporation se myn in die DRK.
Volgens Conrad Troskie van Pretoria, Boshoff se swaer, het rebelle Woensdagoggend die myn aangeval en 'n veiligheidswag doodgeskiet. Kongolese soldate het een van die vermoedelik Mai-Mai-rebelle se leiers doodgeskiet. Dit was dié voorval wat volgens Troskie nou blykbaar die gemoedere op breekpunt het. Die rebelle eis 'n losprys van R13 miljoen vir die vrylating van die vyf gyselaars. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie