Drink wyn vir renosterbewaring
Drink wyn vir renosterbewaring

Drink wyn vir renosterbewaring

Namibia Hospitality Suppliers & Distributors wil swart- en witrenosters vir die nageslag help bewaar.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Vir elke bottel flippenice-wyn wat jy koop, word N$5 vir renosterbewaring geskenk.

Renosterbewaring lê Namibia Hospitality Suppliers & Distributors na aan die hart en hulle het hande met die niewinsgewende organisasie, Rhino Momma Project, gevat.

“Vir elke bottel flippenice-wyn wat jy koop en geniet, skenk ons N$5 aan die Rhino Momma Project. Hiermee help ons dat die renoster nie uitsterf nie en vir ons nageslagte bewaar word,” sê me. Adri Oosthuizen, mede-eienaar van Namibia Hospitality Suppliers & Distributors.

“Ons wil nie net die ikoniese swart- en witrenosterspesies van uitwissing red nie, maar met ons teelprogram soveel renosters as moontlik teel en in Namibië en die res van Afrika hervestig,” sê mnr. Jaco Muller van die Rhino Momma Project.

Die teelprojek het in 2012 afgeskop en sedertien is talle renosterkalwers op ’n wildreservaat gebore.

Intussen het renosterstropery hoogty in Namibië begin vier en veral private renostereienaars word toenemend geteiken.

“Die koste om renosters te beskerm, is hemelhoog en het sedert 2012 vyf keer gestyg,” verduidelik Muller.

Beskermingsmaatsreëls sluit in dat lede van die teenstropingseenheid verdriedubbel moes word en dag- en nagpatrollies meer gereeld moet plaasvind, sê Muller.

“Ek moet daagliks – bedags en snags - meer vlugte met die girokopter vlieg om die renosters te monitor. Informante moet ook vir intelligensie betaal word,” het Muller gesê.

Bykomende beskermingsmaatreëls saam met die teenstropingseenheid sluit ook ’n honde-eenheid in.

“Ons ondersoek tans die opsie om hommeltuie met termiese kameralense te gebruik om bedags en snags monitering te doen, maar dit is baie duur,” voeg Muller by.

Oosthuizen wat by verskeie welsynsprojekte soos onder meer die Namibië Droogtehulpfonds betrokke is, daag ook ander maatskappye uit om die Rhino Momma Project te ondersteun, of om ’n renostertjie aan te neem om die teelprojek te help.

“Die skenker kan die renostertjie se naam kies en sal gereeld opdaterings en foto’s ontvang. Die skenking sal direk vir die grootmaak, gesondheidsorg en beskerming van die spesifieke renostertjie aangewend word,” verduidelik Oosthuizen.

Sy sê elke bottel flippenice-wyn het ook ’n QR-kode op wat jou na die webtuiste van die Rhino Momma Project, www.rhinomomma.com, sal lei.

“Die bekostigbare en genotvolle flippenice-wynreeks van Tulbagh Winery sluit in ’n Cabernet Sauvignon/Merlot-versnit, Rosé, Chenin Blanc/ Sauvignon Blanc-versnit ’n ekstra-ligte witwyn en Njoy, ’n soet rooiwyn,” sê mnr. Andy Fallis, mede-eienaar van Namibia Hospitality Suppliers & Distributors.

Gaan kuier gerus ook by die asemrowende Kifaru Lodge in die Kunenestreek wat die Rhino Momma Project ondersteun.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!