Dringende aansoek oor immigrante
Dringende aansoek oor immigrante

Dringende aansoek oor immigrante

Die ombudsman het gister ’n dringende aansoek by die hoërhof ingedien oor mense in polisieaanhouding wat na bewering onwettig in die land is.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Regter Shafimana Ueitele het gister ná ’n dringende aansoek deur die ombudsmanin die Windhoekse hoërhof beveel die sowat 46 immigrante wat tans in polisieaanhouding is, moet Maandag in die hof verskyn.

Dié immigrante bevind hulle na bewering onwettig in Namibië en die hof moet ondersoek instel na die wettigheid van hul voortgesette aanhouding.

Ueitele het voorts beveel die minister van binnelandse sake en immigrasie en die hoof van immigrasie moet voor Vrydag verklaar waarom die mense in aanhouding nie onmiddellik vrygelaat behoort te word nie. Hy wil ook weet hoekom hulle nie volgens die bepalings van die Immigrasiebeheerwet hanteer behoort te word nie.

Die aansoek is teen die stasiebevelvoerders van die polisiekantore van Windhoek, Wanaheda, Seeis en Katutura, asook die minister van binnelandse sake en immigrasie, die hoof van immigrasie, die immigrasietribunaal, die minister van veiligheid en sekuriteit en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie ingedien.

In ’n eedsverklaring ter ondersteuning van die aansoek sê die ombudsman van Namibië, adv. John Walters, die aansoek gaan oor die beskerming van die menseregte van minstens 46 mense wat op arbitrêre wyse in hegtenis geneem is en in verskeie gevangenisse in die Windhoek-omgewing aangehou word.

Walters sê voorts die inhegtenisneming en aanhouding van die immigrante is ’n flagrante miskenning van hul regte tot vryheid soos vervat in artikel 7 van die Grondwet. Dit blyk hulle is in hegtenis geneem omdat hulle die land onwettig binnegekom het.

Volgens Walters se eedsverklaring is daar twee jeugdiges jonger as 17 jaar onder die gevangenes. Die aangehoudenes kom van ander Afrikalande, onder meer Angola, Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van Kongo en Kenia.

In sy eedsverklaring sê Walters hy het ’n mandaat en plig van die Namibiese Grondwet om klagte van beweerde en oënskynlike skendings van fundamentele regte en vryhede te ondersoek.

“Na die beste van my wete is die aangehoudenes mense sonder geld wat na Namibië gekom het op soek na beter geleenthede. Die moontlikheid dat sommige van die gevangenes die slagoffers van mensehandel is, kan nie uitgesluit word nie,” sê Walters.

’n Amptelike ondersoek is deur die kantoor van die ombudsman van stapel gestuur om die posisie te ondersoek van alle mense in aanhouding wat daarvan verdink word dat hulle onwettige immigrante is. Dié ondersoek is gelas toe ’n ondersoekbeampte van die ombudsman, mnr. Leonard Uutsi, bewus geword het van verslae in die plaaslike media dat ’n persoon wat glo ’n Namibiese burger is, deur die Namibiese polisie aangehou word omdat hy na bewering ’n onwettige immigrant is.

Walters sê ook in sy eedsverklaring Namibiese tronke is oorvol en toestande onmenslik. Hy sê weens die begrotingbesnoeiings kan die polisie en korrektiewe dienste nie meer bekostig om onwettige immigrante onbepaald aan te hou terwyl immigrasieowerhede hul voete sleep om hul statutêre verpligtinge na te kom nie.

Die saak is tot Maandag vir verhoor uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!