Driekamp oop vir almal
Triathlon
Voornemende beginners wat belang stel om werklik fiks te raak en moontlik ’n nuwe sportsoort aan te pak, kan die Triathlon 4 All byeenkoms oorweeg.
Die sosiale driekamp word Sondagoggend by die munisipale swembad in Olympia aangebied en is die eerste van ’n komende reeks aangebied deur OTB Sport.
Die inskrywingsgeld van N$50 per persoon dek toegang tot die swembad en Farm Windhoek.
Deelnemers sal die keuse hê tussen die sprint-item (450 meter swem, 9 km fietsry, 4 km hardloop) of die standaard afstand van 900 m swem, 17 km fietsry en 8 km hardloop.
Die fietsroete bevat vinnige dele op eenspoorpaadjies en ’n paar klimdele, terwyl die hardloopskof beide teerpad en ’n veldpaadjie oor ’n heuwel insluit.
Registrasie word Sondag om 07:00 gedoen voordat die eerste groep om 08:00 wegspring.
Nie-alkoholiese verversings word deur Coca-Cola en die Namibië Brouerye verskaf.
Navrae kan aan [email protected] of aan Absai (081 105 0005) of Walter (081 612 6950) gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie