Driejaarprojek fokus op geslagsgeweld
Die Monica Geslagsgeweld- Maatskaplike Organisasie het ’n projek van drie jaar van stapel gestuur om geweld en misdaad te bestry en om die ontwikkeling van menseregte te bevorder.
Die projek skop op 1 April in die Khomasstreek af.
Namibië se hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld het in 2015 tot die Monica-oplossing vir Geslagsgebaseerde Geweld (MGVS) gelei.
Sedertdien is sterk gefokus op uitgebreide navorsing, seminare en die bevordering van misdaadvrye omgewings.
Navorsing deur MGVS het op ’n skuiwergat gewys met betrekking tot plekke wat verwante dienste aanbied.
Mnr. Shaanika Nashilongo, stigter van MGVS, sê: “Ons is bewus van gevalle waar mense in stilte ly, mense wat nie genoeg bemagtig is om sekere situasies te vermy of om dit op ’n doeltreffende manier te hanteer nie.”
Die projek doen nou huis- en skoolbesoeke met die ondersteuning van die Universiteit van Namibië (Unam) wat opgeleide studente beskikbaar stel om sewe dae per week as vrywilligers te help.
Die hoofdoel van dié besoeke is om inligting oor geslagsgeweld (GBV) en misdaad te versprei, mense oor hul basiese menseregte in te lig, te luister en waar te neem waar moeilike huislike omstandighede voorkom en ook met oplossings vorendag te kom om GBV te takel.
“By MGVS skep ons daadwerklike oplossings. Ons wil keer dat mense die punt bereik waar hulle nie bang is om hul eie lewe of dié van ander te vernietig nie. Ons wil hê hulle moet waarde aan die lewe heg en emosionele volwassenheid ontwikkel,” het me. Petronela Namushinga, direkteur van MGVS, gesê.
Sy het die hoop uitgespreek dat alle geslagte en ouderdomme ná afloop van die projek se werkwinkels voordeel daaruit sal trek.
Vrywilligers en lede van die projek sal met die hulp van identifikasiedokumente geëien kan word.
Vir meer inligting kan Namushinga by 081 371 9701 of per e-pos by [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie