Drie vroue verskuif grense

’n Boek verskyn eersdaags waarin die natuurlike skoonheid van vroue besing word.
Tanja Bause
Tanja Bause – Geweld teen vroue en kinders is ’n nasionale én wêreldwye kwessie.

In die lig daarvan het drie Windhoekse vroue ’n unieke projek aangepak.

Brigitte Marder-Scheid (63), Frauke Kreitz (52) en Conny von Dewitz (48) se boek Namibia Nature Girls is binnekort op die rakke.

Daarmee wil hulle vroue en meisies daarop wys dat almal mooi is, ongeag hoe hulle lyk. Die geld wat met boekverkope ingesamel word, gaan aan ’n kinderhuis in Katutura waar onder andere slagoffers van geweld gehuisves word.

Verkragting is 'n gruwelike misdaad. En hoe 'n vrou aantrek, is nie 'n rede om haar te verkrag nie.

“Ons het gesels en besef ons is eintlik baie gefrustreerd omdat hoe vroue altyd as seksobjekte gesien word. Ons wou iets doen wat wys dat ons net vroue wil wees, met al ons plooie en foute,” het Brigitte gesê.

“Dit maak nie saak dat ons selluliet en letsels het nie: Dit is die méns, die vrou, agter die uiterlike wat tel. Wees trots op hoe jy lyk en wie jy is.”

Die idee om bewusmaking te skep het twee jaar terug gekom.

Brigitte is in in München, Duitsland, gebore waar sy as 'n verpleegster opgelei is. Sy het net voor Namibië se onafhanklikwording saam met die Verenigde Nasies se Vredesmag, Untag, vir die eerste keer hierheen gekom.

“Ek het baie deur die land gereis vir werk en dikwels gedink hoe jammer dit is dat nie almal die wonderlike land kan sien nie. In 1993 het ek my toeragentskap, Pasjona Safaris & Car Hire, begin en was die eerste vrou wat kampeertoere in Namibië aangebied het.”

Brigitte het die voertuig bestuur, tente opgeslaan en vir die gaste gekook.

“Ek het deur die hele land gereis en met die boek kan ek veral aan die vroue en meisies van Namibië iets teruggee,” het sy gesê.

Volgens Conny was daar aanvanklik ses vroue en meisies wat aan die boekprojek wou deelneem. “Ongelukkig het drie van hulle daarteen besluit omdat hulle bekommerd was oor wat hul familie, werkgewers, kollegas, vriende en die gemeenskap van hulle sou dink. Dat mense hulle in ’n slegte lig sal sien eerder as om die positiewe boodskap van die boek te waardeer,” het sy gesê.

“Dat vroue in ons land nie saans alleen veilig in die strate kan loop nie, is baie erger. Dat kinders nie veilig is nie en kinderverkragtings aan die toeneem is, is baie erger. Die algehele geweld teen vroue en kinders, is erger,” het Conny gesê.

“Ons wil ook aan die toeriste wat na die Himbas of San toe reis, wys dat hulle net vroue is wat volgens hul kultuur leef; hulle is nie kommoditeite nie.”

“Die boek se doel is om vroue en jong meisies te wys dit maak nie saak hoe oud jy is of hoe jy lyk nie. Jy moet gelukkig in jou eie vel en met jou eie lewe wees.”

Conny is in Windhoek gebore en het hier grootgeword. Sy het in Kaapstad binnenshuise versiering gestudeer.

“Ek het by verskeie plekke gewerk totdat ek vier jaar gelede by Pasjona begin het. Ek hou van reis en om vir mense die beste reis moontlik te beplan sodat hulle ons wonderlike land kan beleef,” het sy gesê.

“Ek is net soos elke ander vrou: Aanvaar ons soos ons is en gun ons die vryheid om te wees wat ons is.

“Daar word ontsettend baie druk op meisies geplaas om soos modelle te lyk. Hulle moet pas in boksies wat die gemeenskap voorskryf. Maar ons almal kan nie modelle, brandmaer of beeldskoon wees nie. Dit beteken nie ons moet wegkruip of skaam wees nie. Dit beteken nie dat vroue aan enige man behoort of dat hulle verdien om verkrag te word net omdat hulle hier is nie,” het Conny gesê.

“Ons wil nie ryk of beroemd word met die boek nie. Ons wil geld vir House iNAMi insamel, wys dat vroue net vroue is, en die gemeenskap ’n bietjie wakker maak. Ons wil wys dat jy vir ’n vrou kan kyk sonder om verkeerde gedagtes te kry.

“Daar is bevolkingsgroepe in Namibië soos die Himbas, Zembas en San wat nie van kop tot toon geklee is nie. Die vroue trek aan volgens hul tradisies en kultuur, en nié om as seksuele voorwerpe gesien te word nie.”

Volgens Frauke is dit belangrik om bewustheid onder vroue te skep sodat hulle mekaar ondersteun en opbeur, nie afbreek nie.

Frauke is in Windhoek gebore en het hier grootgeword. Sy is haar lewe lank uiters omgewingsbewus en werk ook in die toerismebedryf.

“Ons het op die titel, Namibia Nature Girls, besluit omdat daar skoonheid in die kleinste dinge gesien kan word. Die boek gaan nie net oor vroue sonder klere nie, maar ook oor die natuurskoon van Namibië. Daarom is daar ook baie natuurfoto’s in.”

“Daar is nie net foto’s van ons drie in die boek nie, maar ook van San- en Himba-vroue.”

HOME iNAMi

Die Home iNAMi-kinderhuis in Katutura is deur die Duitse nieregeringsorganisasie Wadadee Cares en die Especially Namibia Trust gestig.

Sheila Musa is die huismoeder. Sy versorg agt kinders van vyf tot 15 jaar oud en bied vir hulle ’n veilige omgewing om in groot te word.

Home iNAMi streef daarna om kinders se lewensgehalte en toekoms te verbeter. Baie van die kinders is deur trauma wat hulle moet verwerk.

Wadadee Cares is in 2015 deur Lena Palm gestig.

Palm is in Duitsland gebore en het ná skool vir ses maande maatskaplike ondersteuningswerk by ’n weeshuis in Katutura gedoen. Sy is daarna terug Duitsland toe om met haar studies in die sosiale wetenskappe te begin.

“Ek het ses maande nadat ek met my studies begin het, in die klas gesit en gedink ek kon nou in Namibië wees en iets sinvol met my lewe doen. Nou sit ek hier in ’n klaskamer en mors my tyd. Net daar het ek my studies gestaak en na Namibië teruggekeer.”

Wadadee beteken “almal van ons” in Damara.

“Ons pas dit 'n bietjie aan en vertaal dit as 'vir almal, almal is welkom, almal kan help',” het Palm gesê.

“Die boek is in Duits omdat ons Duitsers is en dit moeilik gevind het om die gedigte in Engels of Afrikaans te kry. Maar ons hoop om nog ’n boek in die toekoms uit te gee waarin alle bevolkingsgroepe verteenwoordig is, ook die tale,” het Brigitte gesê.

“Ons hoop om met die volgende boek meer vroue van verskeie ouderdomme en rasse en tale te betrek sodat ons almal saam bewusmaking vir alle vroue in Namibië kan skep,” het Conny gesê.

Die boek sal op 14 en 15 Desember by The Shed se Desember-mark in Windhoek beskikbaar wees, asook by die Windhoeker Buchhandlung.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064