Drie verskyn vir Doll-aanval
Drie verskyn vir Doll-aanval

Drie verskyn vir Doll-aanval

Vyf mans het in die hof verskyn vir hul beweerde aandeel in onderskeie plaasaanvalle.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Drie mans wat na bewering verlede week ’n boer wreedaardig in sy plaasopstal aangeval het, bly agter tralies.

Mnre. Laurence Aib (25), Willem Garden (31) en Reinhardt Uirab (27) het gister in die landdroshof op Outjo op aanklagte van poging tot moord, roof en huisbraak verskyn. Die mans het glo die 65-jarige mnr. Detlev Doll Woensdag omstreeks 19:39 op sy plaas Ekotoweni, 25 km buite Otavi op die Outjo-pad, aangeval. Doll se beserings was van so aard dat hy ná die aanval in die staatshospitaal op Outjo opgeneem en eers die volgende dag ontslaan is. Volgens ao. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder vir die Otjozondjupastreek, bly die mans in aanhouding totdat hulle weer op 24 September in die hof verskyn. Die mans kan in dié tyd regshulp bekom.

Op Gobabis het mnre. Bernardus Afrikaner en Salaphuel Unaeb Vrydag in die hof op dié dorp verskyn vir hul beweerde aandeel in die dood van die geliefde Riedel-egpaar.

Die 66-jarige me. Brunhild Riedel en haar man, Armin (68), is op 20 Januarie dood in hul opstal op hul plaas, Grunfeld, 17 km oos van Gobabis aangetref. Die plaasopstal is ook in ’n brand verwoes. Afrikaner en Unaeb het op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, brandstigting en regsverydeling verskyn. Dié saak is tot 27 September uitgestel vir verdere polisieondersoeke, en vir Afrikaner en Unaeb om regshulp te bekom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!