Drie vermeende renosterstropers sit
Drie vermeende renosterstropers sit

Drie vermeende renosterstropers sit

Die beskuldigdes kom van nedersettings langs die Etosha Nasionale Park, maar geen vars karkasse is dusver gevind nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Drie vermeende renosterstropers wat Vrydag by 'n tydelike polisiepadblok­kade naby die Omungwelume-nedersetting in die Ohangwenastreek in hegtenis geneem is, het Maandag in die landdroshof op Oshakati verskyn.

Mnre. Petrus Mashuna, Frans Kiinge (albei 35) en die 21-jarige Leonard Ndapo se saak is deur landdros Mikka Namweya tot 12 Januarie 2018 vir verdere ondersoek uitgestel. Die beskuldigdes het aangedui hulle gaan hul eie verdediging waarneem.

Die drie sal in aanhouding in die polisieaanhoudingselle by Omungwelume bly tot hul volgende verskyning, met Namweya wat nie borgtog aan hul toegestaan het nie. Staatsaanklaer Mpule Siyomunji het vir die staat verskyn.

Die trio staan tereg op 'n klag van die onwettige besit van spesiaal-beskermde wildprodukte. Die saak spruit voort uit die ­Namibiese polisie (Nampol) wat Vrydag hul voertuig by die padblokkade deursoek het en op twee vars renosterhorings in die ­voertuig afgekom het.

Volgens die woordvoerder van Nampol in die streek, sers. Abner Kaume Iitumba, was Mashuna, Kiinge en Ndapo van die Omusati­streek na Oshikango onderweg.

“Ek dink Oshikango is waar hul bron van geld vir die horings is," het Iitumba aan Nampa gesê.



AL DRIE BLY NABY ETOSHA

Ndapo is 'n inwoner van die Iitapa-nedersetting in die Omusatistreek en Mashuna en Kiinge is van die Uusathima-nedersetting in dieselfde streek. Dié nedersettings is naby die Etosha Nasionale Park geleë.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die teenstropingseenheid ná die voorval na vars renosterkarkasse in Etosha gaan soek, maar tot dusver niks gevind nie.

“Die horings kan ook van gestroopte renosters buite Etosha wees. Met die teenwoordigheid van die teenstropingseenheid in die park, het renosterstropery vir 'n wyle nie daar plaasgevind nie,” het Muyunda gesê. “DNS-toetse van die horings sal egter die oorsprong bepaal.”

Die mees onlangse voorval van renosterstropery was sowat twee weke gelede in Sentraal-Namibië op 'n plaas met twee witrenosterkoeie die slagoffers. 'n Bulkalf het weens stres ná die voorval gevrek en 'n verskalfie van een van die gestroopte koeie is wees gelaat. Sy word nou by 'n veilige hawe versorg. Vier Namibiese mans is in hegtenis geneem en is ook tydens hul hofverskyning op Okahandja borgtog geweier.

Dit het die totale syfer vir renosterstropery vanjaar op 31 te staan gebring. Verlede jaar is 60 renosters gestroop en 95 in 2015.

– Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!