Drie studies oor veebedryf byna voltooi
Drie studies oor veebedryf byna voltooi

Drie studies oor veebedryf byna voltooi

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die drie studies wat sedert 11 Julie ná ’n vergadering van die vleisbedryf met die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Apheus !Naruseb, na die drie sub-sektore onder neem is, nader voltooiing.

Dit het Vrydag aan die lig gekom tydens ’n nuuskonferensie waar !Naruseb die vleisbedryf en media oor die jongste verwikkelinge by Meatco ingelig het.

Daar is besluit om die situasie in die kleinveebemarking, asook die grootveebedryf noord en suid van die rooilyn tydens kort studies te ondersoek, het die minister gesê.

Hy het die vergadering ook meegedeel dat hy tans besig is om die ombudsman, adv. John Walters, se verslag oor die mislukking van die kleinveebemarkingskema en sy aanbeveling om dit te laat vaar, te bestudeer.

Volgens !Naruseb sal die bevinding van die studies waarvoor nou gewag word, in ag geneem word wanneer oor die pad vorentoe besluit word.

“Die studies sal vir die regering inlig oor die gepaste ingrypings wat nodig is om ’n volhoubare veebedryf vir die land te verseker wat tot almal se voordeel is.”

Wat grootvee betref, het hy gesê berigte oor ’n moontlike uitvoerbeperking op die getal speenkalwers wat uitgevoer word, loop die proses vooruit.

Intussen kon Meatco en die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Bedrywe (Nafau), verlede week ooreenkom dat geen werrknemers van dié abattoir en vleisverwerker op straat sal beland nie.

Hoewel Meatco ingevolge sy regrukplan en nuwe, meer vaartbelynde organogram nog van 74 poste ontslae moet raak, gaan dié mense elders in die maatskappy geakkommodeer word.

Dit sal ook so geskied dat die salarisrekening van Meatco nie geraak word nie.

Die direksie het vroeër ’n plan goedgekeur ingevolge waarvan die personeelkorps met 188 werknemers verklein moet word. Ná mense hand opgesteek het vir vrywillige vroeë aftrede, kon die getal tot 74 mense verklein word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!