Drie sterf in motorongelukke in hoofstad
Drie sterf in motorongelukke in hoofstad

Drie sterf in motorongelukke in hoofstad

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Windhoekse stadspolisie het hul kommer uitgespreek oor padongelukke wat die naweek die lewe van vyf mense in die hoofstad geëis het.

Saterdag omstreeks 19:30 is 'n man op slag in 'n motorongeluk in Hosea Kutako-rylaan naby die Pioniers­park-begraafplaas dood. Die bestuurder van 'n Audi met Tsumeb-registrasiemerke het beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor in 'n Mazda vasgery. Die bestuurder van die Mazda is op slag dood en sy vrou is met ernstige beserings in 'n hospitaal opgeneem. Die bestuurder van die Audi het sy been gebreek.

Op die hoek van Hendrik Witbooi- en Mandume Ndemufayo-rylaan was 'n bakkie en 'n sedanvoertuig ook Saterdag in 'n ongeluk betrokke. Die 29-jarige bestuurder van die sedanvoertuig het op die toneel gesterf. Haar sesjarige seun het met sy aankoms in die hospitaal gesterf, terwyl nóg 'n kind met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is. Die kind se toestand is kritiek.

Volgens die misdaadverslag is 'n 37-jarige man met verskeie messteekwonde in Bejingstraat in Otjomuise gevind. Hy het onderweg na die hospitaal gesterf.

Nóg 'n man is Saterdag omstreeks 07:30 in Elimstraat in Soweto met 'n mes doodgesteek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!