Drie sterf in minibusongeluk naby Witvlei
Drie mense is Sondag sowat 4 km vanaf Witvlei in 'n minibusongeluk oorlede.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die minibus met nege mense aan boord vanaf Otjinene via Gobabis na Windhoek gereis.
"Die ongeluk het plaasgevind toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het nadat die linkeragterband gebars het. Drie passasiers is op die toneel oorlede en ander het ligte tot ernstige beserings opgedoen en ontvang mediese behandeling in die Gobabis-staatshospitaal," sê die polisie.
Die naasbestaandes van die oorledenes is nog nie van hul dood ingelig nie en die ondersoek duur voort.
Dit is die tweede minibusongeluk in drie dae wat lewens eis. Donderdag is vier mense in 'n ongeluk naby Keetmanshoop plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie