Drie SA produkte in Skotse trui teen Bokke
Drie SA produkte in Skotse trui teen Bokke

Drie SA produkte in Skotse trui teen Bokke

Rugby
Drie Suid-Afrikaners van geboorte, asook ’n voormalige Curriebeker-held van die Westelike Provinsie, is in Skotland se 23-tal ingesluit vir Saterdag se toets teen die Springbokke in Edinburg.

Die 32-jarige vaskopstut WP Nel, wat vir die Cheetahs Superrugby-gespeel het en vanweë sy ouers se Namibiese herkoms ook vir dié span sou kon kwalifiseer, is in die Skotte se beginspan vir die kragmeting op Murrayfield.

Huw Jones, ’n Skotse senter wat verlede jaar in die WP se seëvierende Curriebeker-span was, dra trui nommer 13.

Twee ander oud-Suid-Afrikaners, die loskopstut Allan Dell en die losvoorspeler Josh Strauss, is op die plaasvervangersbank.

Dell is ’n voormalige Suid-Afrikaanse o.20-speler, terwyl Strauss vir homself naam gemaak het in die kleure van die Leeus.

Die vleuel Sean Maitland en slot Sam Skinner dra verder by tot kosmopolitiese karakter van dié Skotse span. Maitland is ’n gebore Nieu-Seelander, wat vroeër jare vir die Crusaders gespeel het. Skinner is op sy beurt in Exeter in Engeland gebore en getoë.

Skotland: 15 Stuart Hogg, 14 Tommy Seymour, 13 Huw Jones, 12 Pete Horne, 11 Sean Maitland, 10 Finn Russell, 9 Greig Laidlaw (k), 8 Ryan Wilson, 7 Hamish Watson, 6 Sam Skinner 5 Jonny Gray, 4 Ben Toolis, 3 WP Nel, 2 Stuart McInally, 1 Gordon Reid. Reserwes: 16 Fraser Brown, 17 Allan Dell, 18 Simon Berghan, 19 Josh Strauss, 20 Jamie Ritchie, 21 Ali Price, 22 Adam Hastings, 23 Chris Harris. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!