Drie renosterhorings is van Namibiu00eb
Drie renosterhorings is van Namibiu00eb

Drie renosterhorings is van Namibië

Vonnis vandag
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Drie van die 14 renosterhorings wat vier Chinese mans in Maart 2014 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako probeer deursmokkel het, is beslis van Namibiese oorsprong. Een is van ’n trofeejag-witrenoster en twee van ’n gestroopte swartrenoster afkomstig.

Li Xiaoliang (32), Li Zhibing (55), Pu Xeuxin (51) en Wang Hui (41) is skuldig bevind aan klagte van poging tot uitvoer van 14 renosterhorings en ’n gebreide luiperdvel.

Twee getuies, die bevelvoerder van die polisie se eenheid vir beskermde spesies (PRU), adj.komm. Barry de Klerk, en senior bewaringswetenskaplike van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Piet Beytell, het gister bevestig dat drie horings van Namibiese oorsprong is.

Beytell het getuig volgens DNS-monsters behoort 13 uit die 14 renosterhorings aan swartrenosters en 95% swartrenosters kom in Namibië voor, terwyl 5% renosters wat op veilings in Namibië aangekoop is, in die Noord-Kaap voorkom.

De Klerk en Beytell het getuig dat een horing van ’n witrenoster afkomstig is wat op die plaas Snyrivier in die Okahandja-distrik deur ’n trofeejagter geskiet is. Volgens hul getuienis was ’n mikroskyfie ingeplant in dié witrenoster se horing wat op die lughawe gekonfiskeer is. Dié witrenoster is vanaf Londolozi in Mpumalanga, Suid-Afrika na Namibië ingevoer.

“Die horing is tussen September en November 2013 by ’n taksidermis by Brakwater gesteel wat dit vir die trofeejagter voorberei het. Die horing is in chemiese stowwe laat lê en het spoorloos verdwyn. Die voorval is aan die ministerie van die omgewing en toerisme gerapporteer, maar ’n klag is nie by die polisie aanhangig gemaak nie,” het De Klerk gesê.

Volgens die twee getuies is die ander twee horings afkomstig van ’n swartrenosterkoei van Uukwaluudhi. ’n Ou, erg verbinde renosterkarkas is in Junie 2014 by Uukwaluudhi gevind en DNS-monsters van die karkas is na Onderstepoort in Suid-Afrika gestuur. Dit het met die twee horings ooreengestem.

Voorts het Sibyea tydens sy voorlegging vir vonnis gevra dat sy kliënte net ’n boete sonder gevangenisstraf opgelê moet word. Sy betoog was dat die eerste drie beskuldigdes reeds vir meer as twee en ’n half jaar en Wang vir meer as ’n jaar in aanhouding is. Terselfdertyd is hulle eerste oortreders. Hy sê die horings ter waarde van N$2,3 miljoen is uiteindelik gevind en geen verliese is gely nie. .

“My kliënte kan ’n boete van N$200 000 betaal, maar nie dadelik nie,” het hy gesê. Sibeya het gesê sy kliënte het klein salarisse in China verdien. Wang het vier winkels in Namibië en het werk aan 18 Namibiërs verskaf.Wang moes sedert hy in aanhoudig is, twee winkels sluit en sy werkers tot ses verminder. Volgens Sibeya ly al sy kliënte aan verskeie kwale.

Staatsaanklaer Simba Nduna het gesê die enigste geskikte vonnis is gevangenisstraf wat as afskrikmiddel vir mense sal dien wat na Namibië wil kom om dieselfde misdade te pleeg.

“Die Verre Ooste is die mark vir renosterhorings en daar is te veel Chinese wat in dié verband op

ons hofrolle is. Ons moenie ’n boodskap uitstuur dat jy skotvry is ná jy slegs ’n boete betaal het nie,” het Nduna gesê.

Hy het ’n vonnis van ses jaar waarvan twee jaar opgeskort is, versoek. Landdros Alexis Diergaardt gaan die skuldiges vandag vonnis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!