Drie nuwe reu00ebls in Reu00ebnboog-reeks beproef
Drie nuwe reu00ebls in Reu00ebnboog-reeks beproef

Drie nuwe reëls in Reënboog-reeks beproef

Rugby
Drie nuwe reëltoepassings sal op die proef gestel word wanneer die Reënboogbeker-reeks volgende naweek afskop, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangekondig.
Dit behels rooikaart-plaasvervangers, kapteins wat beslissings mag bevraagteken en inskoppe van die doellyn af.
Die organiseerders van die Pro14-kompetisie het die proeflopie voorgestel en daar word gehoop dat die “nuwe dinamika positiewe spel sal meebring”.
Dieselfde reëltoepassings word reeds in die Nieu-Seelandse Aotearoa-reeks en die Aussies se Superrugby-AU-kompetisie gebruik en Wêreldrugby moedig dit aan.
Alan Gilpin, uitvoerende hoof van Wêreldrugby, het Pro14 Rugby en die spanne wat aan die Reënboogbeker-kompetisie deelneem, geloof vir die entoesiasme waarmee hulle die proeflopie omarm.
“Die toevoeging van nog ’n topkompetisie wat die nuwe reëltoepassings gebruik, sal waardevolle data en terugvoer bied wat ons sal help met besluite wat vir die spel oorweeg word,” sê Gilpin.
David Jordan, toernooidirekteur van Pro14 Rugby, sê hul sport- en reëlskomitee was baie proaktief om “geleenthede te identifiseer” en hulle sien daarna uit om dit in die Reënboogbeker-reeks in werking te stel.
“Ons weet hierdie reëlveranderings se oorsprong lê by simposiums oor spelerwelstand en ons is oortuig dit sal ’n algehele positiewe impak op die spel hê.”
Die laaste drie rondes van die Reënboogbeker-kompetisie sal bevestig word sodra die nodige goedkeuring van die relevante regerings- en gesondheidsowerhede verkry is vir die Suid-Afrikaanse spanne om na Europa te vertrek.
Die reëltoepassings behels onder meer:

• ROOIKAART-PLAASVERVANGERS:
’n Speler wat met ’n rooikaart gestraf word, sal vir ’n tydperk van 20 minute langs die kantlyn sit.
Die speler se span kan ná die tydperk ’n plaasvervanger in sy plek opstuur.
Die speler wat afgestuur is, sal nie weer kan speel nie.
Dit is ook van toepassing op spelers wat twee geelkaarte op die lyf loop (wat outomaties ’n rooikaart beteken).

• DIE KAPTEIN SE APPÈL:
’n Proeflopie wat daarop gemik is om die akkuraatheid van beslissings verder te verbeter.
Elke span kan een beslissing van die skeidsregter in ’n wedstryd bevraagteken.
Dit sluit in wanneer drieë gedruk is en voorvalle van vuilspel. Enige beslissing in die laaste vyf minute van ’n wedstryd kan ook in oënskou geneem word.
Dié versoek sal na die TV-skeidsregter verwys word, wat na die voorval sal kyk en dan ’n aanbeveling maak.

• DIE DOELLYN-INSKOP:
Wanneer ’n aanvallende span oor die doellyn is, maar die bal is nie gedruk nie, ’n aanslaan in die doelgebied (deur die aanvallende span) of wanneer die bal doodgedruk word ná ’n skop (deur die aanvallende span), loop dit uit op ’n inskop vanaf die doellyn.
Daar moet van die doellyn of enige plek in die doelgebied ingeskop word en dit moet sonder vertraging gedoen word.
Die bal moet minstens vyf meter trek en as dit nie gebeur nie, kan die ander span vra dat daar weer ingeskop word of kan ’n vyfmeter-skrum versoek.
– Netwerk24


FOTO
Nigel Owens beslis vroeër vanjaar in ’n Pro14-wedstryd tussen die Dragons en die Scarlets dat die bal nie in die doelgebied geplaas is nie. Spanne sal in die komende Reënboogbeker-kompetisie sulke beslissings kan bevraagteken. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035